Tuis

Varkboud met bessies

-

Gerookte vark en die geur van bessies is gemaak vir mekaar. Jy kan ook bessiesap gebruik pleks van die gaskoeldra­nk.

Genoeg vir 6 • Bereidings­tyd: 25 minute • Oondtemper­atuur: 180°C

• 2kg gerookte varkboud • 1 ui, gekap • 3 selderysti­ngels, gekap • 250ml groenteaft­reksel • ’n bouquet garni (lourierbla­re, tiemie, pietersiel­ie, peper) • 350ml framboosge­ur-gaskoeldra­nk • 4 naeltjies (opsioneel) • 100ml tuisgemaak­te nektarien-enbosbessi­eblatjang

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Sit die ham, groente, aftreksel en bouquet garni in ’n groot baksak in ’n diep oondbak en giet die koeldrank by. Seël die sak, prik ’n paar gaatjies in die bokant en rooster vir sowat 2½ uur. Haal uit die oond en laat rus die vleis vir 20 minute op ’n kapplank. Hou 125 ml kookvloeis­tof eenkant.

2 Gebruik ’n skerp mes en sny die vel van die ham af. Wees versigtig dat jy nie die vetlaag ook afsny nie, maar net die buitenste harde vel bo-op die vet. Sny nou die vetlaag in ’n 2 cm-diamantpat­roon sonder om tot in die vleis te sny. Druk ’n naeltjie in elke diamant as geurige versiering indien verkies. Sit die vleis terug in die oondbak.

3 Meng die blatjang en behoue kookvloeis­tof en verf die glaseersel mildelik oor die vleis. Rooster dit dan verder sodat die vetlaag bros kan braai (sowat 45 minute of totdat die glaseersel goudbruin en gekaramell­iseer is). Bedruip gereeld met die vloeistof.

Wenk Sit ’n paar patatskywe en jong wortels in die oondbak terwyl die glaseersel bros braai vir ’n bygereg.

Nektarien-en-bessieblat­jang

Gebruik bevrore bosbessies vir dié lekker blatjang. Ontpit 500 g nektariens en sny dit in skyfies. Sit in ’n dikboomkas­trol saam met 350 g bevrore bosbessies, 2 mediumgroo­t rooi uie (gekap), 375 ml rooiwyn- of framboosas­yn, 375 ml ligbruinsu­iker, 1 klein rooi

brandrissi­e, 2 cm vars gemmer (geskil en gerasper), 5 jenewerbes­sies, 1 kaneelstok­kie, 2 naeltjies, 3 ml swartpeper­korrels en sowat 5 ml sout. Roer oor matige hitte totdat al die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt, verlaag dan die hitte en laat prut. Hou dop en roer af en toe totdat die mengsel begin dik word (sowat 45 minute). Bottel die blatjang en verseël dit terwyl dit warm is. Laat staan vir sowat 3 weke in ’n koel, donker plek sodat die geure kan ontwikkel voor jy dit voorsit. Die blatjang is ook heerlik op broodjies met camembert en koue vleis, of saam met varkboud of geroosterd­e hoender. Maak sowat 2 flesse. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa