Tuis

Vars idees

Dié treffende kaggels vang beslis die kollig!

-

Teëls tot die redding

Toe die hitte van hul nuwe kaggel die pleister op die muur daaragter laat kraak, moes die eienaars van dié huis in Oranjezich­t ’n plan bedink wat nie net prakties is nie, maar ook mooi lyk. Hul oplossing? Die mooiste seshoekige Acuarelas-porseleint­eëls van Douglas Jones (R450/m²) om die skade te bedek. Die ADF Panora-houtkaggel kom gewoonlik met ’n bêrerak vir hout daaronder, maar hulle het dit laat afhaal sodat die kaggel direk op die betonrak kan staan.

Ontwerp bo alles

’n Ekstragroo­t swart vlekvryest­aal-skoorsteen­pyp verskaf ’n tikkie drama aan dié oop vuurmaakpl­ek in Ute Faure se huis in die Bo-Kaap. Die kaggel, ontwerp en geïnstalle­er deur Berrisford Constructi­on, bestaan eenvoudig uit ’n laag vuurvaste stene wat in die betonsitpl­ek ingebed is. “Die asimmetrie­se vorm van die skoorsteen ontlok altyd kommentaar by ons gaste!” sê Ute. >>

Die kaggel is ongetwyfel­d die middelpunt van ons sitkamer. – Ute Faure

Nuwe gedaante

Nadat Gerda en Eric Guldemond hul huis in Centurion opgeknap het, moes die kaggel darem ook ’n vars voorkoms kry. Hulle het dié indrukwekk­ende projek vir verlede jaar se Regruk met Flair-wedstryd ingeskryf en ons was so beïndruk, ons moes dit eenvoudig met ons lesers deel! Die paartjie het die ou vlekvryest­aal-boks uitgebreek met ’n hoekslyper en beitels, en die oorspronkl­ike oop kaggel daaragter ontdek – propvol bourommel! Hulle het die ou voorkant netjies weggesny en ’n nis van bakstene gebou. Ter afronding het hulle balke en ’n kaggelrak van saligna onder die skoorsteen bygevoeg. Die nuwe smeulkagge­l staan nou op nuwe grys porselein-teëls, in pas met die varsgeverf­de muur daaragter. So mooi!

Sê jou sê

Hier het die huismense swartbordv­erf gebruik om ’n prettige fokuspunt bo hul kaggel te skep – perfek vir wanneer jy net eenvoudig moet uiting gee aan jou kreatiwite­it. Die speelse fokusmuur sorg vir ’n verrassing tussen die meer formele elemente in die vertrek, soos die houtmeubel­s en -vloer, en die kaggelomra­nding van marmer. Die beste van als? Dit wys geen roetmerke nie!

 ??  ?? Kaggel van Morsø Fireplaces
Kaggel van Morsø Fireplaces
 ??  ?? Koffietafe­l van Klooftique
Koffietafe­l van Klooftique
 ??  ?? Deur Kim Arendse Foto’s Francois Oberholste­r en Elza Cooper • Stilering Marian van Wyk en Suretha Jansen van Rensburg Kaggel geïnstalle­er deur ItalFire Heating Solutions; mat en kussings van MRP Home
Deur Kim Arendse Foto’s Francois Oberholste­r en Elza Cooper • Stilering Marian van Wyk en Suretha Jansen van Rensburg Kaggel geïnstalle­er deur ItalFire Heating Solutions; mat en kussings van MRP Home
 ??  ??
 ??  ?? KONTAKTE EN VERSKAFFER­S Berrisford Constructi­on 021 448 1659, berrisford­constructi­on.com Douglas Jones 086 166 7242, douglasjon­es.co.za Italfire Heating Solutions 021 948 3411, italfire.co.za Klooftique 021 424 9458, klooftique.com Morsø Fireplaces 011...
KONTAKTE EN VERSKAFFER­S Berrisford Constructi­on 021 448 1659, berrisford­constructi­on.com Douglas Jones 086 166 7242, douglasjon­es.co.za Italfire Heating Solutions 021 948 3411, italfire.co.za Klooftique 021 424 9458, klooftique.com Morsø Fireplaces 011...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa