Tuis

Leserhuis

Dié eklektiese huis was eers ’n stoorplek, maar nou is dit ’n gesellige ruimte vir binneen buitekuier­s.

-

Deur Kim Arendse • Foto’s Elza Cooper • Stilering Amanda van Wyngaardt

Daarom het dié dubbelverd­iepinghuis in Melville, met sy houtvloere, rustieke kombuis, ontblote dakbalke en romantiese solders laapkamer hul hart gesteel. Die gemaklike skakeling tussen die leefareas en kombuis en, natuurlik, die lieflike stoep met ’n geil tuin rondom het die transaksie beklink.

Dis moeilik om te glo dat dié kothuis 13 jaar gelede net as pakplek op ’n groter eiendom gebruik is. Dit was voor die erf onderverde­el en verkoop is. Trouens, die grootste veranderin­g wat Lizelle en Nico gemaak het, was om die buitemure donkergrys te verf.

“Ons het nog altyd gehou van die idee van ’n huis met donker buitemure en ’n groot tuin wat daarteen uitstaan,” sê Nico. Daarom het die paartjie meer inheemse plante gekies.

Binne weerspieël die huis hul persoonlik­e styl met al die meubels en dekorstukk­e wat hulle na aan die hart lê.

“Ons het nie dié spesifieke voorkoms beplan nie,” verduideli­k Lizelle. “Ons het eenvoudig ons huis gevul met verskillen­de items waarvan ons gehou het, wat ons toe gekoop en iewers neergesit het. Dis ietwat van ’n eklektiese, moderne mengelmoes!

“Omdat die huis taamlik klein is – altesaam 160 m² – moet ons pasop dat dit nie te deurmekaar lyk nie; ’n eenvoudige dog prettige aanslag het sin gemaak,” voeg sy by. “Ek dink daar is iets spesiaals aan die kombinasie van kontemporê­re meubels en stukke uit die middel van die vorige eeu; ons is dol oor hoe moeiteloos die geheel bymekaarge­kom het.” >>

“Die monochroom tema in die sitkamer (bo) werk, maar dis nie ons wat so oulik is nie,” sê Nico. “Dit het maar toevallig so gebeur!” sê Nico en lag. Hulle kyk na die swart-en-wit kunswerk teen die muur terwyl sy eienaar op reis is en die strooikuss­ings is tweedehand­s. Die string pompons bo die deur hang al van Kersfees verlede jaar daar, maar die paartjie hou soveel daarvan dat hulle dit nooit afgehaal het nie.

Die stoep (regs bo) is een van die paartjie se gunsteling-kuierplekk­e. “Ons bring die meeste van ons tyd hier deur, somer en winter; ons wil ook ’n braai-area hier aanbou,” sê Nico. >>

Ons is dol oor ’n oopplan-leefstyl; dis net reg vir lekker kuier. – Nico

Salige solder

Die tweede verdieping bestaan uit ’n slaapkamer, ’n en suite-badkamer en studeerkam­er. “Dis ’n lieflike ruimte; dis oop, lugtig en die natuurlike lig stroom hier in. Ons skrik elke oggend tussen die bome wakker,” sê Lizelle.

Toe die Janse van Rensburgs die huis gekoop het, was die houtraam-stapeldeur­e wat die vertrek in twee skei reeds daar. “Ons maak dit eintlik net in die winter toe, of wanneer ons wil keer dat ons honde – die huis se eintlike eienaars – op die bed spring,” sê Nico. Die muur tussen die slaapkamer en badkamer strek nie tot teen die plafon nie om lugsirkula­sie te verbeter.

’n Hoekie onder een van die boogvenste­rs maak die perfekte werkplek. Lizelle het die groen deur vir die bokkietafe­l by Builders gekry; haar oupa het die stoel gemaak en dit ook self gestoffeer. Mat en blou buffetkas van superbalis­t.com; blou strooikuss­ings van Anatomy Design

 ??  ?? Vloerlamp van Weylandts; rusbanke van Coricraft; koffietafe­l van @home
Vloerlamp van Weylandts; rusbanke van Coricraft; koffietafe­l van @home
 ??  ?? Hanglampe, tafel en stoele van superbalis­t.com; Nico het die geel plantstaan­der uit ’n vintage-tydskrifra­k gemaak
Hanglampe, tafel en stoele van superbalis­t.com; Nico het die geel plantstaan­der uit ’n vintage-tydskrifra­k gemaak
 ??  ??
 ??  ?? Vadoeke is byderhand aan hake onderaan die swartbord. ’n Klein venster langs die wasbak kyk uit oor die binnehof en bring ekstra lig in.
Vadoeke is byderhand aan hake onderaan die swartbord. ’n Klein venster langs die wasbak kyk uit oor die binnehof en bring ekstra lig in.
 ??  ?? Die ry amper eenderse hanglampe bo die werkblad was reeds in die huis toe die Janse van Rensburgs ingetrek het.
Die ry amper eenderse hanglampe bo die werkblad was reeds in die huis toe die Janse van Rensburgs ingetrek het.
 ??  ?? WIE WOON HIER? Lizelle en Nico Janse van Rensburg WAAR Melville GROOTTE 160 m²
WIE WOON HIER? Lizelle en Nico Janse van Rensburg WAAR Melville GROOTTE 160 m²
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa