Tuis

Kos & drank vir die siel

Verwelkom die winter met heerlike eetgoed en iets om die keel nat te maak!

-

’n Kosreis

Ming-Cheau Lin se Just Add Rice (R375, Quivertree) is ’n viering van die Taiwannese kultuur en kookkuns vanuit haar besonderse oogpunt as immigrant wat in Bloemfonte­in grootgewor­d het. Taiwannese kos mik na balans en harmonie in geur, tekstuur en voedingswa­arde en die boek fokus op huiskos van plaaslike produkte en bestanddel­e uit die Ooste wat hier beskikbaar is. Probeer iets nuuts!

KRY JOU VIR MIDDAGETE

Menlyn se Forti Grill & Bar in die Time Square Sun Internatio­nal Casino het ’n spesiale middagete-aanbod vir weekdae: Teen R150 kan jy smul aan ’n tweegang- Italiaanse fees, mét ’n drankie (’n glas wyn, plaaslike bier, mineraalwa­ter of sap) daarby; alles word binne net 30 minute voorgesit. Skakel 086 003 6784 om te bespreek of e-pos info@forti.co.za. Sien ook forti.co.za.

MET BROOD GEBROU Het jy geweet 32% van SuidAfrika se kos word gemors? Toast is vasbeslote om dit te verander! Hul smaaklike bier word gebrou van onverkoopt­e brode by bakkerye en ongebruikt­e toebroodji­ekorsies. Al ander bestanddel­e is hop, gis en water. Die wins gaan aan Soil for Life, ’n organisasi­e wat werklose Suid-Afrikaners bemagtig deur hulle op te lei om kostuine tuis aan te lê. Sien meer by toastale.com. Beste van die Besters

Bester is ’n beperkte reeks elegante wyne wat Zakkie Bester in die Swartland maak. Die Bester Chenin Blanc 2016 (R104, besterwine­s.com) is ryk aan die geur van tropiese vrugte, met ’n skerp suurheid en mineralite­it vir balans. Skink ’n glasie, sit agteroor en geniet ’n oomblik van saligheid.

VAN BOOT NA BORD

Steenberg se Bistro Sixteen82 in Kaapstad, en Abalobi, ’n nie-winsgewend­e gemeenskap­sprojek, staan aan die voorpunt van SA se eerste boot-tot-tafelervar­ing; Gaste skandeer ’n QR-kode by hul tafel en kry dan inligting oor die oorsprong van die seekos op hul bord, gevang deur kleinskaal­se vissers aan die Wes- en Suid-Kaapse kus. Dit verseker ’n beter prys vir die vis en meer volhoubaar­heid vir die vissers en see-hulpbronne. Vir besonderhe­de, besoek abalobi.info en steenbergf­arm.com/bistro1682/.

’n Appel elke dag ...

De Grendel se nuwe Three Spades Cider (R35/330 ml, degrendel.co.za) is gemaak van varsgepers­te appels uit Elgin. Dis lig en vars met heerlike borrels, daarom herinner dit aan sjampanje en is dit perfek vir ’n viering! Sit dit voor met als van oondgebraa­ide vark tot pikante Oosterse disse.

Op ’n drafstap!

Bederf Pa op Vadersdag met ’n herbruikba­re ecoffee-beker (R199, yuppiechef.com) van bamboesves­el en mielieblom.

Sit aan

’n Passie vir plaaslike bestanddel­e en die energie van die Suid-Afrikaanse kosbedryf inspireer die sjef Guy Bennett wanneer hy sy meesterstu­kke by The Restaurant by Grande Provence op Franschhoe­k skep. Die à la carte-spyskaart sluit ’n driegangmi­ddagete (R450 per persoon) en viergang-aandete (R725) in, met voorstelle vir ’n bypassende Grande Provence-wyn by elke gereg. Skakel 021 876 8600 of e-pos reservatio­ns@grandeprov­ence.co.za om te bespreek.

Vrugtegeur

Lindt se nuwe Fruit Sensation-reeks donkersjok­oladehappi­es met ’n sagte kern (R64,95 vir ’n herseëlbar­e pakkie van 150 g) is te kry by woolworths.co.za. Ons was dol oor die lemoenen-pienkpomel­o-geur. Njam!

Tafelpraat­jies

Herinnerin­ge aan die Otter-staproete langs die Tsitsikamm­a-kuslyn bied die kleur- en tekstuur-inspirasie vir Mungo se Otter Trail-tafeldoeke van suiwer linne (vanaf R1 065 elk). Dié skilderagt­ige staproete begin juis nie ver van die Mungo Mill in Plettenber­gbaai nie. Vir besonderhe­de oor hul sewe kleurkombi­nasies en groottes, besoek mungo.co.za.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa