Tuis

Ougoed of hougoed

-

Meesterkla­s!

Johannes Buckle van Roodepoort skryf My vrou het hierdie olieverfsk­ildery (45 x 60 cm) deur Otto Klar by haar ouma geërf. Kan julle dalk sê hoeveel dit werd is?

Kayleen Wrigley van Stephan Welz & Co. antwoord Otto Klar is in 1908 in Wene gebore. Hy het aan die Weense Kunsakadem­ie gestudeer en dikwels in Wene, München en Berlyn uitgestal voor hy in 1939 Suid-Afrika toe gekom het. Ná sy aankoms het hy verskeie solo-uitstallin­gs gehou.

In 1962 het die president van Oostenryk Klar vereer met ’n ereprofess­oraat in kuns, wat hom as belangrike bydraer tot 20ste-eeuse kuns gevestig het. Otto Klar se werke maak deel uit van talle openbare versamelin­gs, onder meer dié van die Durbanse en Pretoriase Kunsmuseum.

Seetonele was een tema wat Klar keer op keer in verskillen­de media uitgebeeld het; hy het ’n besonderse voorliefde vir pastelle gehad. Dit als in ag geneem, en gegewe die grootte van jul skildery, glo ek dit sal ’n goeie prys op ’n veiling haal. OUDERDOM Vroeë 20ste eeu WAARDE R20 000–R30 000

’n Stukkie geskiedeni­s

Louise Botha van Plattekloo­f, Kaapstad, skryf Ek het dié olieskilde­ry van Leeukop (olie op doek) in my oorlede skoonma se woonstel gekry; dis geteken “I.J. Kolbe 1888”. Het dit enige waarde?

Kayleen antwoord Hierdie voortrefli­ke weergawe van Leeukop is deur Isabella Johannah Kolbe geskilder. Sy is in 1856 op George gebore en is in 1919 in die Kaapprovin­sie oorlede. Aangesien Suid-Afrikaanse kuns nie voor die 20ste eeu aangeteken is nie, is dit ’n baie besonderse werk – nie net vanweë die vroeë datum nie, maar omdat dit geskilder is deur ’n vrou in ’n tyd toe die kunstoneel wêreldwyd deur mans gedomineer is.

Kolbe het kuns aan die Kaapstadse Kunsskool, asook in Düsseldorf en München, Duitsland, gestudeer. Europese invloede kom sterk na vore in haar werk deur die gebruik van donkergroe­n skakerings en baie fyn kwaswerk in die blare; haar styl het nog nie die helder Afrika-son gevier wat kenmerkend van Suid-Afrikaanse kuns sou word nie.

Wat hierdie skildery selfs nog interessan­ter maak, is die yl landskap: ’n landelike toneel met nie veel meer as ’n paadjie as teken dat daar ’n nedersetti­ng naby is nie; deesdae is dit die gesogte Kaapse woonbuurt Tamboerskl­oof.

Kolbe het kort nadat sy hierdie werk geskilder het, na Europa verhuis en eers in 1908 na Kaapstad teruggekee­r. Haar loopbaan het tragies tot ’n vroeë einde gekom toe sy weens swak sig al minder kon skilder. Omdat sy nie ’n groot aantal skilderye nagelaat het nie, is daar geen prysrekord vir haar werk nie, maar weens die historiese waarde van die werk sou ek verwag dat dit ’n goeie prys op ’n veiling behoort te haal.

OUDERDOM 1888 WAARDE R8 000–R10 000 KONTAK ct@stephanwel­zandco.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa