Tuis

Vra die kenners

Wonder jy oor warm en koue kleure, of kort jy raad vir ’n kombuisopk­nap? Vra net – ons kry die antwoorde.

- Saamgestel deur Desiree Hartney

Kombuisdil­emmas

In die Oktober 2017-uitgawe van Tuis kon een leser ’n Milestone Kitchen-kombuis ter waarde van R50 000 wen. Jenna Schoeman van KwaZulu-Natal was die uiteindeli­ke wenner! Silvia Miles, eienaar van Milestone Kitchens wat ook dié lekker prys geborg het, het vir Jenna ’n nuwe kombuis ontwerp, en sommer vir die naaswenner ook!

#1 DIE WENNER

Jenna Schoeman van KwaZulu-Natal skryf Ons woon in ’n ou plaashuis en wil graag die kombuis opknap sodat dit die mooi klip-buitekant waardig is. Dis ’n lang, smal vertrek met ’n donker vloer. Ek wil dit so graag vernuwe en die beskikbare ruimte ten beste benut totdat ons later strukturel­e veranderin­ge kan aanbring, soos mure afbreek en ’n nuwe vloer insit.

DIE OPLOSSING

Silvia antwoord Jou kombuis is groot genoeg vir knus kuierhoeki­es vir jou gesin, ondanks die beperkte breedte. Skep ’n gemeenskap­like sone met ’n tafel en bankies in die middel. Om te vergoed vir die smal vertrek kan jy hoë muureenhed­e en oop rakke installeer; Milestone Kitchens het ’n mikrogolf kas ,’ n kombuisger­eedskap kase n ’n resepteboe­krak met plek vir ander kombuiswar­e soos dienborde en bekers, wat almal teen ’n muur pas. Boonop het ons losstaande kaste wiele sodat jy die uitleg maklik kan verander wanneer jy jou kombuis opknap of ’n nuwe vloer insit.

Ons kaste is van soliede hout en dus duursaam – dit sal ’n leeftyd hou. En of jy nou sakpas-dennehout kies of die duurder essenhout, jy kan altyd die blaaie skuur en seël om dit in ’n puik toestand te hou.

#2 DIE NAASWENNER

Maura Hardman van KwaZulu-Natal skryf My afgetrede ma bly graag besig en bestuur haar hele huishoudin­g uit die kombuis. Dit is egter ’n klein vertrek wat altyd oorvol voel. Enige raad?

DIE OPLOSSING

Silvia antwoord Die mees voor die handliggen­de probleem is te min spasie. Ek stel voor julle breek die muur tussen die kombuis en eetkamer af om die ruimte oop te maak. Bou dan die oop spensrak toe en plaas ’n hoekkas daar – dié eenhede werk uitstekend in klein ruimtes waar ander meubels nie sal pas nie.

Slim bêre-oplossings is ook belangrik wanneer jy nie die luukse van ruimte het nie. Met Milestone se Deluxe-kruidenier­skas (foto bo) en Deluxe-hoekkas kan jy soveel meer in jou kombuis inpas. Dit het plek vir elke ding en hou só die vertrek netjies; boonop skep dit die illusie van meer ruimte. >>

 ??  ?? African Allure-mikrogolfm­uureenheid (1800mm B x 400mm D x 900mm H) vanaf R10 913
African Allure-mikrogolfm­uureenheid (1800mm B x 400mm D x 900mm H) vanaf R10 913
 ??  ?? Onthou die driehoekre­ël wanneer jy jou kombuis beplan: Plaas jou stoof, yskas en wasbak naby mekaar soos hierbo aangedui met die stippellyn.
Onthou die driehoekre­ël wanneer jy jou kombuis beplan: Plaas jou stoof, yskas en wasbak naby mekaar soos hierbo aangedui met die stippellyn.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Deluxe-kruidenier­skas (900mm B x 700mm D x 2400mm H) vanaf R22 735
Deluxe-kruidenier­skas (900mm B x 700mm D x 2400mm H) vanaf R22 735
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa