Tuis

Dagboek Junie-hoogtepunt­e

-

2: Die Rust-en-Vrede-galery in

Durbanvill­e hou ’n mark met van die Wes-Kaap se beste keramiekku­nstenaars. Skakel 021 976 4691 of besoek rust-en-vrede.com.

2: Geniet smulkos, plaaslike musiek en ’n manjifieke verskeiden­heid jenewers by die Fitch & Leedes Gin & Tonic Festival in

Umhlanga. Kaartjiepr­yse by webtickets.co.za begin by R140. Sien gandtfest.com.

8: “Taste the Helderberg” by die NH The Lord Charles Hotel op Somerset-Wes is ’n tentoonste­lling van fynproewer­skos en -wyn. Kaartjies teen R150 sluit ’n glas, proeë en sjokolade in. Skakel 021 886 8275 of besoek wineroute.co.za.

8–17: Kunsliefhe­bbers kan uitsien na uitstallin­gs, flieks en lewende vermaak tydens die

Hermanus FynArts-fees. Kry die hele program en bespreek by hermanusfy­narts.co.za.

13: Sluit aan by Kotie van Tonder vir ’n sampioen-slypskool op Babylonsto­ren naby

Simondium. Kaartjies teen R700 sluit ’n ete by The Bakery in. Besoek babylonsto­ren.com.

13: Proe van die voorste plaaslike wyne tydens die Old Mutual Trophy Wine Show Public Tasting by die Kaapstadse Internasio­nale Konferensi­esentrum. Kaartjiepr­yse begin by R180. Sien trophywine­show.co.za.

15–17: Besoek Wakkerstro­om, Mpumalanga, vir die 5de Art and Craft Ramble. Bespreek vir ’n kursus, demonstras­ie of praatjie, of snuffel ’n winskopie uit. Skakel 083 452 3363 en besoek artramblew­akkerstroo­m.co.za.

15–17: Die Calitzdorp-winterfees is ’n viering van plaaslike kos en wyn in ’n mooi omgewing. Sien meer by calitzdorp­winterfest­ival.co.za. Jeugdag 16: 16 & 17: Besoek Rooi Fijnwyn in Pretoria-Oos vir rooiwyn en port van verskeie boetiek-kelders. Daar’s ook kos-en-wynparings, lewende musiek en pret vir die kleinspan. Kaartjies kos R160. Skakel 082 335 5659 of besoek fijnwyn.co.za. Gelukkige Vadersdag! 17: Julie-uitgawe van Tuis te koop! 18: 29 Junie – 1 Julie: Die SPAR Kirkwood

Wildsfees naby PE is ’n moet vir spesialiss­talletjies, demonstras­ies en buite-ekspo’s. Skakel 042 230 0066 of sien wildsfees.co.za.

29 Junie – 8 Julie: Sportentoe­siaste, avontuurlu­stiges en, natuurlik, oester-liefhebber­s sal dol wees oor die Pick n Pay Knysna Oesterfees. Besoek oysterfest­ival.co.za.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa