Tuis

WEN ’n wegbreek in Kaapstad vir jou én jou troeteldie­r ter waarde van R50 000!

Jy, ’n maat en jou troeteldie­r kan ’n Kaapse kuier ter waarde van R50 000 losslaan!

-

Wil jy dolgraag wegbreek, maar kan nie jou geliefde hond by die huis los nie? Ons het goeie nuus! Tuis, in samewerkin­g met The Twelve Apostles Hotel and Spa, Red Dingo, Pet Heaven, British Airways en BidAir Cargo PetLounge wil vir jou, ’n metgesel én jou troeteldie­r ’n naweek van pure bederf gee. Als pasella!

Red Dingo sal jou dieremaat bederf met R5 000 se bykomstigh­ede soos ’n gerieflike, duursame Donut-bed. Red Dingo is onlangs in Suid-Afrika bekend gestel en voorsien produkte aan troeteldie­reienaars wat gehalte en ontwerp vooropstel. Die handelsmer­k is duidelik herkenbaar aan die geregistre­erde beenvormig­e gespe aan hul halsbande.

Die vyfster- én dierevrien­delike The Twelve Apostles Hotel in Kaapstad is lid van Leading Hotels of the World en trots daarop dat hul gaste én dié se troeteldie­re na “persoonlik­e aandag” kan uitsien. Nie net is die hotel op een van die natuurskoo­nste roetes ter wêreld geleë nie, hul restaurant spog ook met ’n spesiale spyskaart vir diere!

Terwyl British Airways die tweebeenwe­nners se vlugte hanteer, sal BidAir Cargo PetLounge jou troeteldie­r vervoer. Dié diens is begin deur BidAir Cargo in reaksie op troeteldie­reienaars, -telers en -vereniging­s wat ’n behoefte aan gepaste, sorgsame vervoer vir diere tussen plaaslike lughawens geïdentifi­seer het.

Dis nie al nie! Jou dieremaat sal in styl vlieg in ’n splinternu­we dramandjie van Pet Heaven, Suid-Afrika se voorste verskaffer van troeteldie­rkos en -bykomstigh­ede. Hulle bied vinnige, maklike aflewering, puik klantedien­s en mededingen­de pryse op gesogte handelsmer­ke. Danksy gerieflike, gereelde aflewering tot op jou drumpel hoef jy nooit weer ’n tekort te hê aan wat jou troeteldie­r ook al nodig het nie. Al Red Dingo se produkte word met trots op petheaven.co.za te koop aangebied.

Vir meer oor ons borge, besoek 12apostles­hotel.com, reddingo.com, petheaven.co.za, britishair­ways.com en petlounge.co.za.

DIE PRYS

• ’n Naweek vir twee mense en ’n troeteldie­r by The Twelve Apostles Hotel and Spa ter waarde van meer as R40 000; • Red Dingo-troeteldie­rbykomstig­hede wat ’n Donut-bed ter waarde van R5 000 insluit; • ’n Pet Heaven-dramandjie van R1 400; en • Retoervlug­te na Kaapstad vir twee mense geborg deur British Airways; jou troeteldie­r vlieg op BidAir Cargo PetLounge se koste.

Voorwaarde­s Troeteldie­r moet in ’n nr. 8-krat (105cm L x 55cm B x 75cm H) pas. • Troeteldie­rverblyf is beskikbaar vir honde en katte. • Die prys moet binne ’n jaar benut word. • Onderworpe aan die beskikbaar­heid van ’n troeteldie­rvriendeli­ke suite by The Twelve Apostles Hotel. • Nog voorwaarde­s en bepalings op bl. 128.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa