Tuis

Bryony Webster se passie vir boheemse dekor is duidelik sodra jy oor haar drumpel trap.

-

“Ek’s ’n versamelaa­r,” sê sy. “Ek hou van patrone en sit allerhande goed bymekaar in ’n samehangen­de geheel.” Sy en haar man, Johnny, het net minder as ’n jaar gelede by dié huis ingetrek en omdat daar nie strukturel­e veranderin­ge nodig was nie, kon sy dadelik begin mooimaak. En sy het haar hart en siel daarin gestort om ’n dinamiese, kleurvolle ruimte te skep.

“Boheemse dekor is vir my ’n emosionele reis. Dit gaan oor wat goed voel in jou ruimte, wat tot jou spreek en jou gelukkig maak. Dit gaan daaroor om nié die trop te volg nie!”

Bryony het die kuns van ’n boheemse styl nou goed onder die knie, maar sy erken dit het haar ’n rukkie geneem. “Ek het jare lank ’n soort boheemse styl gehad, maar nadat ek The New Bohemians Handbook deur Justina Blakeney gelees het, en haar blogs twiets begin volg het, het ek duidelikhe­id gekry,” vertel sy. “Dit het my gehelp om my ten volle uit te leef in wat ek as mooi en sag op die oog beskou.”

’n Fyn kuns

Bryony het haar daarop toegespits om ’n ruimte in te rig wat haar persoonlik­heid weerspieël. “Ek het ’n duidelike idee gehad van die lap, kussings en kleure wat ek in my dekor wou gebruik.” Maar om die regte artikels in die hande te kry om dié visie te realiseer, was ’n uitdaging.

“Ek is mal oor die tekstiele en die kleurpalet­te van Marokko, Indië, Turkye, Mexiko en Peru. Boheemse items is volop op Pinterest, Instagram en Etsy, maar baie van dié goed is net nie hier te kry nie of is peperduur. Dis toe dat ek die idee kry om ’n aanlynwink­el, Furbelow, te begin.”

Furbelow is ’n 17deeeuse woord wat “versier met tooisels” beteken – presies wat Bryony in haar eie ruimte doen. Trouens, sy gebruik haar huis as uitstalple­k vir die produkte wat sy aanlyn verkoop. “Dis bietjie soos ’n ateljee en gee my klante ’n idee oor hoe om hul eie ruimtes te stileer, want dit kan nogal oorweldige­nd wees as dit vir jou ’n nuwe ervaring is.” >>

 ??  ??
 ??  ?? Bryony skep versamelin­gs met haar vondste uit liefdadigh­eidswinkel­s en stal dit dan met trots uit. So kry mandjies en spieëls, hoede en blomme almal ’n plek in dié huis. Die Kutch-vloerkussi­ngs in die hoof-sitkamer (bo, regs) kom van Indië en die...
Bryony skep versamelin­gs met haar vondste uit liefdadigh­eidswinkel­s en stal dit dan met trots uit. So kry mandjies en spieëls, hoede en blomme almal ’n plek in dié huis. Die Kutch-vloerkussi­ngs in die hoof-sitkamer (bo, regs) kom van Indië en die...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa