Tuis

Kleur en tekstuur

-

Bryony snuffel graag saam met Johnny by antiek- en liefdadigh­eidswinkel­s, maar sy het ook al groot sukses behaal met aanlyn-inkopies. “Ek het die art decositkam­erstel en heelparty van my kleurvolle matte raakgeloop terwyl ek na tweedehand­se goed op die internet gesoek het.”

Tussenin is daar ook ’n paar erfstukke, soos die Persiese mat in die sitkamer wat sy by haar groottante Evelyn Eedes geërf het. “Ek het baie van die patrone gehou, maar dit was so ’n ongewone mosterd en bruin kleur dat ek nie mooi geweet het hoe ek dit kan laat werk nie. Toe besluit ek om die hele vertrek net so intens soos die mat te maak: Ek het die mure turkoois geverf en die rooi art deco-stel gekoop. Saam skep dit ’n eklektiese ruimte. En om die prentjie te voltooi het ek ’n skildery deur my kunstenaar-vriendin Maja Maljevic opgehang; haar kuns vat al die kleure, die helderheid en intensitei­t van die vertrek perfek saam.”

Een ding is seker: As iets met Bryony praat, sal sy ’n manier vind om dit te gebruik – of dit nou ’n kleur, patroon of ontwerp is. “Ek beplan al klaar om weer die mure te verf. Ons speel met die idee om swart verf in die sitkamer, grysbruin in ons slaapkamer en perske in die gang of eetkamer te gebruik,” vertel sy. En voeg ná ’n diep asemteug by: “Ons sal nog daarby uitkom. Dis ’n voorkoms waaraan ons stadig maar seker bou.” >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa