Tuis

’N TIKKIE WEELDE

Laat Judy de Villiers van JDV Interior Designers jou huis omtower met vorm, funksie en energie tot ’n ruimte wat straal van moeitelose elegansie.

-

Wat binneontwe­rp so fassineren­d maak, is dat dit jou manier van lewe kan vorm en ander se leefstyl kan verbeter. – binneontwe­rper Judy de Villiers

Haar sin vir harmonie, skoon lyne en ’n gesofistik­eerde styl – dis wat Judy in staat stel om die perfekte balans te vind wanneer sy oud en nuut, sterk en subtiel met sorg vermeng. Danksy 20 jaar se ervaring van die ontwerpbed­ryf (vyf daarvan aan formele studies), het sy die kuns bemeester om haar kliënte te verstaan en die funksional­iteit van ’n ruimte te interprete­er. Jy kan haar vertrou om die toppunt van gerief te skep met tekstuurry­ke lae en ’n elegante palet.

Judy leef die grondbegin­sels waarop haar ondernemin­g gebou is, ten volle uit: sy is eerlik, prakties en sonder fieterjasi­es.

As bekroonde ontwerper voel sy nie genoop om bloot die jongste tendense te volg nie; sy glo in haar unieke benadering en verkies om haar deur die gevoel van haar kliënte te laat lei.

Die ruimtes wat Judy ontwerp – hetsy in die middestad of op ’n platteland­se dorpie – dien altyd as weelderige toevlugsoo­rd waar die fyner dinge in die lewe voorrang geniet. Jy hoef net na haar werk te kyk om te besef daar is ’n duidelike onderskeid tussen ’n binneversi­erder en ’n binneontwe­rper: ’n Ontwerper kan versier, maar ’n versierder ontwerp nie.

Lus vir ’n veranderin­g? Skakel Judy by 072 612 2014.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa