Tuis

TJHOKO PAINT!

Gee jou vensterbek­leding ’n elegante afronding met Tjhoko Paint en ’n treffende stensil.

-

Wat jy nodig het

• stensil in die ontwerp van jou keuse • maskeerban­d • stensilkwa­s • 250 ml Tjhoko Paint in die kleur van jou keuse; ons het Lorains Cream gebruik

Watter lap werk die beste?

Natuurlike stowwe soos katoen, kaasdoek en ander geweefde materiale is ideaal vir stensilwer­k.

So maak jy...

1 Plaas die gordyn op ’n plat werkopperv­lak en plak die stensil op sy plek vas met maskeerban­d. Die maskeerban­d hou die stensil in posisie en keer terselfder­tyd dat jou kwas oor die stensil se rand beweeg op dele wat ongeverf moet bly.

2 Gebruik net ’n titsel verf op jou stensilkwa­s en maak seker dis eweredig oor die kwas se hare versprei. Dis beter om met min verf te werk, anders kan dit onder die stensil inloop – ’n probleem wat later baie moeilik reggestel kan word omdat jy met lap werk en nie ’n oppervlak soos hout wat jy kan oorverf nie.

3 Beweeg jou kwas in sirkelbewe­gings terwyl jy met jou ander hand druk op die stensil sowel as die lap toepas om te keer dat dit skuif.

4 Verwyder die stensil versigtig nadat jy jou patroon voltooi het. Druk-druk met ’n skoon lap op enige dele waar daar te veel verf beland het. Herhaal die proses tot die hele oppervlak bedek is.

Wenk Wag as voorsorgma­atreël 5–6 uur voor jy die gordyn aan die agterkant stryk om die verf op die materiaal vas te lê. As jy die artikel wil uitspoel, wag 48 uur en was dit dan met die hand in koue water.

Jeuk jou hande om Tjhoko Paint op die proef te stel? Kry nou naaste verskaffer by tjhokopain­t.co.za.

 ??  ??
 ??  ?? 2
2
 ??  ??
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 4
4
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? Kry nog inligting en kyk na die video’s by tjhokopain­t.co.za.
Kry nog inligting en kyk na die video’s by tjhokopain­t.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa