Tuis

facebook

-

Karien van den Berg 29 Maart om 09:40

Hoe kan ek kleur gebruik om balans te skep in dié tekstuurry­ke vertrek van 3,5 x 3,5m? Dit word omskep in ’n speelkamer en die kleurskema is blou, grys en grysbruin.

Jani Augustyn-Goussard Sal julle dit oorweeg om die baksteenmu­ur ook te verf of ’n nuwe voorkoms te gee? Indien nie, sal ek dit as my wegspringp­unt gebruik en die ander mure in ’n kalm grysbruin of liggrys verf wat by die bakstene se sement”was” pas. Ek sal dan kleur byvoeg deur die binnekante van die ingangsboë ’n diep grysblou te verf (soos Starry Night of Sail Away). Indien julle wel die baksteenmu­ur met nuwe kleur wil afwerk, sou ek ‘n ligte grysbruin of grys kies en dit oor die bakstene saksmeer. Jy kan ook sommer die muur met die boog in ’n ander kleur blou soos Sail Away verf – dis immers ’n speelkamer! Hoop dit help.

Karien van den Berg Baie dankie! Ons oorweeg om die baksteenmu­ur te verf, maar was onseker hoe en waarmee. Jou raad is dus baie waardevol! Ons beoog ook om eendag die spieëls te verwyder en elders te gebruik.

Jani Augustyn-Goussard Ek sou die projek stap vir stap aanpak, en beslis die kontras tussen bakstene en sement probeer versag deur dit te “kleurwas” in dieselfde kleur as die ander mure. ’n Donkerder blou op die ingangsboo­g of net langs dit sal natuurlik fantasties lyk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa