Tuis

Kies die regte skakering

-

Fiona Brink vra op Facebook Watter neutrale verfkleure werk goed as donkerder aksente saam met Plascon se Ivory Parchment? Ek wil dit graag in sonnige vertrekke wat noord front én donkerder vertrekke aan die suidekant gebruik.

Lisa Spaarwater van Lemon & Lilac Paint Techniques antwoord

Onthou dat ’n vertrek wat noord front ’n ander tipe lig het as die een aan die suidekant, en dit sal die muurkleur beïnvloed. Dis dalk belangrike­r om dié skakerings te kies wat alles in ’n bepaalde vertrek sal laat saamwerk – elemente soos meubels, gordyne en ligte sal almal jou keuse beïnvloed. Hou die volgende faktore in gedagte wanneer jy muurkleure kies:

Aan die donkerder suidekant Kies kleure met ’n warm ondertoon om ’n knus atmosfeer te skep. Enige kleur met ’n grys of blou ondertoon sal nog gryser of blouer lyk in vertrekke wat minder natuurlike lig kry. Aan die sonnige noordekant Hier kan jy gerus donkerder kleure kies, aangesien die natuurlike lig die kleure ligter sal maak. Oorweeg die volgende Plascon-kleure: • Beach Wood is op dieselfde kleurkaart as Ivory Parchment; dis net effens donkerder. • Vir ’n tikkie drama en ’n warmer ondertoon, probeer Passage Way en London Haze. • As jy iets met ’n groener ondertoon soek, kyk na Maui Beach en Distant Storm. • Ivory Parchment is ’n warmer skakering, daarom stel ek voor jy vermy bloue en gryse met koeler ondertone.

 ??  ?? 2 Waar kan ek oulike lap kry vir my stoepmeube­ls? – Jeanette van Onselen, George
A: Hertex (hertex.co.za) is beslis ’n goeie plek om te kyk. Patio Life (patio-life.co.za) het ook helder kleure en mooi streepmoti­ewe.
2 Waar kan ek oulike lap kry vir my stoepmeube­ls? – Jeanette van Onselen, George A: Hertex (hertex.co.za) is beslis ’n goeie plek om te kyk. Patio Life (patio-life.co.za) het ook helder kleure en mooi streepmoti­ewe.
 ??  ?? 1 Daardie streepmat op bladsy 44 van die Mei 2017-uitgawe is vir my so mooi. Waar is dit gekoop? – Reneé de Klerk, Kaapstad A: Die huiseienaa­r het dit by H&M Home (hm.com/za) gekry.
1 Daardie streepmat op bladsy 44 van die Mei 2017-uitgawe is vir my so mooi. Waar is dit gekoop? – Reneé de Klerk, Kaapstad A: Die huiseienaa­r het dit by H&M Home (hm.com/za) gekry.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa