Tuis

’n Tuin vir katte

-

Wendy Greenspan van Pretoria skryf Ek het onlangs die trotse eienaar van twee pragtige Maine Coon-katjies geword en ek wil graag hê hulle moet gelukkig voel in my middelslag-tuin. Het julle enige voorstelle hoe ek my tuin katvriende­lik kan maak?

Valdette Muller, eienaar van die aanlynwink­el shingavet.co.za,

antwoord Katte geniet groenighei­d; hulle besnuffel en kou graag aan plante waarvan hulle hou. Kies ’n plekkie in jou agtertuin of naby ’n stoep vir ’n bedding waar jy verskillen­de kruie kan plant. Hier is ’n paar opsies: • Kattekruid is natuurlik ’n voor die hand liggende keuse – boonop groei dit maklik! Die olies in die stele, blare en blomme bevat nepetalakt­one, wat katte rustiger maak. • Valeriaanw­ortel het ’n heerlik soet geur, amper soos vanielje, en is ook ’n plant wat maklik groei. Katte raak opgewonde oor die wortels, wat akrinidien bevat; dis ’n chemiese middel wat klaarblykl­ik as semi-psigotiese stimulant vir katte optree. • Katgrasse Daar is ’n groot verskeiden­heid grasse waaraan katte kan knibbel. Hawergras en kweekgras is die gewildste twee. • Kanferfoel­ie Katte vind die reuk van kanferfoel­ie onweerstaa­nbaar – dit het dieselfde uitwerking as kattekruid op omtrent 30% van alle katte. Maak net seker dat jou kat nie die sade van die plant inkry nie.

• Kattiemie het klein, ovaal blare en ’n muskusgeur wat heelwat verskil van dié van egte tiemie. Sommige katte verkies dit selfs bo kattekruid. Ander kruie wat jy kan oorweeg, sluit roosmaryn, pietersiel­ie, sitroengra­s, koljander en tiemie in – almal veilig vir katte om aan te kou of te snuif.

Onthou Katte is nuuskierig­e diere en wil alles ondersoek. Hulle hou van klouter, wegkruip en gryp. Oorweeg strukture soos pale of bome in jou katvriende­like tuin, en skep wegkruippl­ekke. Jy kan selfs vir hulle ’n klein boomhuis bou.

KONTAK shingavet.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa