Tuis

Paadjies met ’n plan

-

Hoewel Elvira haar tuin nie volgens ’n plan ontwikkel het nie, het sy altyd ’n visie oor die tuinpaadji­es gehad. Sy het al die paadjies beplan en self gelê saam met ’n paar handlanger­s. Dit is net die ingangspaa­djie wat hulle drie jaar gelede profession­eel laat oordoen het.

“Dis regtig nie moeilik om dit self te doen nie,” sê sy. “En ’n mens kan baie geld so spaar.” Dit is haar raad: • ’n Tuinslang werk goed om die vorm van ’n paadjie te bepaal. Jy kan dit vir ’n paar dae so laat lê, daaroor dink en die kurwes aanpas voor jy met die paadjie self begin. • Vir my is ’n paadjie met ’n kurwe interessan­ter as ’n reguit of hoekige paadjie. Jy kan nie om die draai sien nie, so jy weet nie watter verrassing vir jou daar wag nie! • Gebruik ’n waterpas om die vlakke en die helling van die paadjie reg te kry. Ná jare het ek geleer dis beter om twee dwarslêers langs mekaar neer te sit en dan ’n gaping te los as om hulle een-een te plaas. Dit vergemakli­k stap op die paadjies. Wanneer dwarslêers of plaveiblok­ke op hul regte plekke is en die paadjie geen verdere strukturel­e veranderin­ge nodig het nie, is jou werk vir ’n lang tyd klaar! Een van ons paadjies is 22 jaar gelede gemaak en dit het nog nooit weer werk nodig gehad nie. • Ek plaas spoelklipp­e tussen die dwarslêers om onderhoud te vergemakli­k. Dit onderdruk die onkruid en lyk netjies. • Dwergmondo­gras werk ook goed tussen plaveiblok­ke in skaduryke dele. • Laaggroeie­nde plante lyk mooi langs die paadjie. Afhangende of die paadjie in die son of skaduwee is, kies ek onder meer miniatuur-agapante, lae spoorsalie­s, mondogras en Crassulas hiervoor.

 ??  ?? ’n Versamelin­g vetplante en kaktusse by die voet van ’n kokerboom in ’n pot.
’n Versamelin­g vetplante en kaktusse by die voet van ’n kokerboom in ’n pot.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa