Tuis

Sjokolade vir al jou sintuie

-

Sjokolade is ’n gewilde geskenk vir Vadersdag, maar het jy al gedink aan die potensiaal vir sjokolade in jou tuin? Daar is blomme en blare met ’n sjokoladeg­eur of -kleur, of wat na sjokolade genoem is.

Maak jou tuin nog interessan­ter deur jou sjokolade-skakerings aan te vul met maroen, mahonie, wynrooi, brons en bruin. Dié kleure skep diepte en skadu’s, twee belangrike elemente in tuinontwer­p.

As jy dit in die hande kan kry, is ’n sjokoladek­osmos (Cosmos atrosangui­neus) met sy fluweelagt­ige donker-rooibruin blomme en sjokoladeg­eur eerste prys. Maar daar is baie ander blomme wat ook gepas is vir so ’n tuin; probeer Heuchera ‘Obsidian’, Aquilegia atrata, swart aronskelke, gesiggies, irisse, daglelies,

Rudbeckia ‘Cherry Brandy’ of die ‘ShockO’Lat’sonneblom. Vir ’n titsel sjokolade op die stoep is die swart Anthurium perfek!

As jy graag plante met sjokoladeb­ruin loof wil gebruik, kyk uit vir vetplante soos Aeonium ‘Zwartkop’ en Echeveria ‘Black Prince’; albei kontrastee­r pragtig met ornamentel­e grasse soos die rooipers Pennisetum ‘Vertigo’ en die kompakte Carex ‘Bronze’.

Vir ’n boom met sjokoladeb­ruin loof, oorweeg trots-van-Indië-kultivars (Lagerstroe­mia) uit die nuwe Black Diamond-reeks. Dié klein bome (3,5 m hoog x 2,5 m breed) is droogtebes­tand sodra hulle eers gevestig is, en van vroeg in die somer tot in die herfs dra hulle blomme in skakerings van wit, pienk, pers en rooi.

Onder die plante met sjokoladeg­eurige loof is daar ’n pelargoniu­m met ’n sjokoladem­entaroma en ’n ment met ’n sjokoladep­epermentge­ur – laasgenoem­de is heerlik in nageregte, roomys en drankies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa