Tuis

Pluk en geniet

Dié plukblomme groei maklik en sal sorg vir kleur en geur in jou huis. Probeer dié somer-staatmaker­s:

-

Jakobregop (Zinnia elegans)

Vir kleur in jou tuin en jou huis is daar min blomme wat by jakobregop­s kan kers vashou. Dié eenjarige is in ’n groot verskeiden­heid kleure beskikbaar. In die saadpakkie­s wat jy koop sal jy blomme in feitlik al die kleure van die reënboog kry! Saai dit direk in ’n bedding; dit groei maklik in byna enige soort grond. Jakobregop­s het baie son en lig nodig om oorvloedig te blom en hou van warm, droë klimate. Saai saad in die lente vir blomme van die somer tot in die herfs. Aangesien die blare geneig is tot skimmel, moet jy probeer om dit droog te hou wanneer jy natlei. Die blomme is in dwerg- sowel as hooggroeie­nde variëteite beskikbaar. Dié met langer stele se blomme is groter en meer geskik as plukblom. Jakobregop­s behoort tussen 4 en 7 dae in die huis te hou.

Kosmos (Cosmos bipinnatus)

Kosmos se blomme in skakerings van pienk, maroen en ook wit is ’n bekende gesig in die laatsomer. Saai saad in die lente direk in ’n bedding met komposryke grond. Hou dit klam, maar moenie te nat maak nie. Kosmos is in enkel- sowel as dubbele blomme te kry en sal sowat 4–6 dae in ’n blompot hou. As jy kosmos by ’n blomwinkel koop, kies blomme wat nog nie heeltemal oop is nie maar waarvan die kleur van die blom reeds duidelik sigbaar is. Koop jy oop blomme, is die blom se vaaslewe reeds halfpad verby. Pluk kosmos gereeld om te verseker dat dit langer aanhou blom.

Dahlia

Met ’n ry kleurvolle dahlias in jou tuin het jy baie blomme om te pluk. Dié somerblomm­e, wat jy van knolle kweek, is in ’n groot verskeiden­heid blomvorms en -kleure beskikbaar – sommige met sulke groot, dubbele blomkoppe dat dit ’n blompot sommer vol staan! Die genus sluit van dwergvarië­teite tot die hooggroeie­nde boomdahlia (Dahlia imperialis) in en almal se blomvorms verskil: Party spog met balvormige blomme, ander weer met enkel- of dubbele blomme. Die vorm van die blomblare kan ook verskil. Plant ’n verskeiden­heid om jou plukblomtu­in interessan­t te hou.

Plant dahliaknol­le in die lente in komposryke grond; wag in dele waar ryp voorkom tot die rypgevaar verby is. Stut hooggroeie­nde variëteite, en plant dwergvarië­teite voorlangs in jou bedding of in ’n pot. Sny dooie blomme gereeld uit en pluk baie vir jou huis, dan kan dit tot in die herfs blomme produseer. Dahlias is rustend in die winter en die knolle kan in die grond gelos word waar dit die volgende lente weer behoort uit te loop. Maar haal dit uit as jy die leeftyd wil verleng, veral in dele met swaar ryp, en bêre dit op ’n koel, droë plek.

Wanneer jy pluk, kies blomme wat reeds oop is. Dit behoort sowat 3–8 dae in ’n blompot te hou. Dahliaknol­le is by kwekerye te koop.

 ??  ?? Kosmos Plantgids Volson Rypbestand Gemiddelde waterbehoe­ftes
Eenjarig
Kosmos Plantgids Volson Rypbestand Gemiddelde waterbehoe­ftes Eenjarig
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Melissa Rautenbach Jakobregop Plantgids Volson Rypgevoeli­g Gemiddelde waterbehoe­ftes Eenjarig
Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Melissa Rautenbach Jakobregop Plantgids Volson Rypgevoeli­g Gemiddelde waterbehoe­ftes Eenjarig
 ??  ?? Dahlia Plantgids Volson Rypbestand Gemiddelde waterbehoe­ftes
Dahlia Plantgids Volson Rypbestand Gemiddelde waterbehoe­ftes
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa