Tuis

So maak jy...

-

1 Saai

Die meeste eenjariges se saad kan direk in die bedding gesaai word (saadkissie­s is nie noodsaakli­k nie). Kies ’n bedding wat nie minder as ses uur son per dag kry nie. Maak die grond goed los en werk kompos en ’n paar hande vol beenmeel sowat 20 cm diep in die grond in. Hark die grond gelyk. Maak die bedding nat en saai die saad van jou keuse.

Kyk op die saadpakkie in watter seisoen jy watter saad kan saai en volg die aanwysings vir diepte en spasiëring. Besluit self of jy die saad in groepe of in rye bymekaar wil saai of alles deurmekaar in die bedding wil strooi; dit hang af van hoe jy wil hê jou bedding moet lyk. Saai wel hooggroeie­nde blomme meer na agter sodat hulle nie laaggroeie­nde plante verdring nie. Hou die saad en saailinge klam, maar nie deurweek nie.

Saailinge wat te na aan mekaar groei, moet uitgedun word. Jou plukblomme gaan gesonder en mooier wees indien die plante mekaar nie verdring en daar nie te veel kompetisie vir kos en water in die bedding is nie.

Ná sowat 90–120 dae sal jy kan blomme pluk. Doen dit gereeld sodat die plante aanhou blom en nie begin saad vorm nie. KONTAKTE Adene’s Farm Flowers info@adeneflowe­rs.co.za Orchard Stay orchardsta­y.co.za Bronne Maak tuin saam met Keith Kirsten deur Keith Kirsten; Die Suid-Afrikaanse Watter blom is dit? deur Kristo Pienaar; Cut Flowers of the World deur Johannes Maree en Ben-Erik van Wyk

2 Pluk

Pluk vroegoggen­d of laatmiddag terwyl dit koel is, dan hou die blomme baie langer as wanneer jy hulle in die hitte van die dag pluk. Kies so drie of vier kleure vir jou bos – té veel kleure kan dit deurmekaar laat lyk. Wit lyk altyd mooi en vars. Jy kan natuurlik skakerings van die kleure kombineer, solank jy by die basiese kleurskema hou. As jy van kontras hou, kies ’n blom of twee in ’n kontraster­ende kleur om die oog te vang.

Gebruik groen of grys loof as vullers tussenin. Al die blomme hoef ook nie oop te wees nie – pluk sommige in knopvorm vir interessan­theid. Hou ’n emmer water byderhand en sit die afgesnyde blomme dadelik daarin. Laat staan dit op ’n koel plek weg van direkte son totdat jy rangskik.

3 Maak ’n bos

Maak die blomstele skoon en sorteer die blomme soort by soort. Los ’n paar blare bolangs aan die stele, maar geen blare ondertoe waar dit in die water sal wees nie.

Kies jou fokusblom en begin daarmee; gebruik dan van die ander blomme of loof langsaan. Drie tot vyf fokusblomm­e is genoeg in ’n bos van gemiddelde grootte, veral as dit ’n groot blom soos ’n dahlia is. Ongelyke getalle van ’n soort lyk ook mooier as gelyke getalle. Hou sommige korter as ander sodat dit laer af uitloer terwyl ander losweg bo uitsteek. Plaas die stele skuins oormekaar, eerder as direk langs mekaar – dit lyk natuurlike­r. En groepeer kleiner blomme soos angeliere saam sodat dit nie verlore raak tussen die groter blomme nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa