Tuis

Hoender-tagine met dadels

Die inspirasie vir dié hoender met sy speserygeu­re, soet droëvrugte en heuning kom uit Marokko. Die geheime bestanddee­l? Bitter koffie.

-

Genoeg vir 4 ruim porsies Bereidings­tyd: 25 minute, plus marineerty­d Gaarmaakty­d: 1 uur en 20 minute Oondtemper­atuur: 180 °C

• 8 hoenderstu­kke (boudjies en dytjies)

• 10ml fyn komyn

• 10ml fyn koljander

• 2cm vars gemmer, geskil en gerasper

• 2cm vars borrie, geskil en gerasper (of 5ml droë borrie)

• 1 kaneelstok­kie

• 1 steranys

• 5ml gerookte paprika

• 2ml neutmuskaa­t

• 2 rooi brandrissi­es, gekap

• ’n reep lemoenskil

• 250ml goeie filterkoff­ie

• 15ml olyfolie

• 2 groot uie

• 3 knoffelhui­sies

• 125ml dadels, ontpit en gekap

• 30ml heuning

• 100g geblansjee­rde amandels, gerooster en grofgekap

• ’n bossie vars koljander

• koeskoes vir voorsit

1 Sit die hoender en al die geurmiddel­s – die speserye, brandrissi­e en lemoenskil – in ’n glas- of plastiekho­uer en vryf die hoender goed daarmee in. Giet die koffie oor en laat marineer oornag.

2 Voorverhit die oond. Haal die hoender uit die marinade en druk droog. Braai in die olie in ’n oondvaste pan met ’n deksel tot geurig en mooi goudbruin alkante. Roer die uie, knoffel, dadels, heuning en amandels

by. Kap die koljanders­tingels fyn (hou die blare vir garnering) en roer by saam met die behoue marinade. Geur met sout en peper, bedek en bak in die oond vir 1 uur.

3 Sit voor met koeskoes en ’n strooisel vars koljander.

 ??  ?? Jy kan enige vleissnit invryf met koffiemoer. Koffie bevat sure, net soos rooiwyn. En dié surigheid trou perfek met die soutigheid in vleis. – theroaster­ie.com
Jy kan enige vleissnit invryf met koffiemoer. Koffie bevat sure, net soos rooiwyn. En dié surigheid trou perfek met die soutigheid in vleis. – theroaster­ie.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa