Tuis

Wafels met koffie-en-stroopspek

Wat dié resep so lekker maak, is dat jy die laaste bietjie koffie in die pot (wat eintlik te koud is vir drink) daarvoor kan gebruik.

-

Genoeg vir sowat 6 wafels

• Bereidings­tyd: 35 minute (plus die wafels se rustyd) Gaarmaakty­d: sowat 25 minute

• Oondtemper­atuur: 200°C

• 12 repe swoerdlose streepspek

• sowat 60ml filterkoff­ie

• sowat 30ml esdoringst­roop WAFELS

• 2 groot eiers, geskei

• 140g (250ml) bruismeel

• 30g (60ml) mielieblom

• 2ml koeksoda

• knippie sout

• 250ml karringmel­k

• 80ml gesmelte botter

• 50g (60ml) suiker

• 3ml vanieljege­ursel

1 Maak die beslag Klits die eierwitte styf en hou eenkant. Sif die droë bestanddel­e saam; klits die karringmel­k, botter, eiergeel, suiker en vanielje saam tot net gemeng. Vou die droë bestanddel­e en eierwit by die karringmel­kmengsel in tot net gemeng – ’n paar klonte is beter as ’n oorwerkte beslag. Laat rus vir 30 minute in die yskas. 2 Voorverhit die oond. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en rangskik die spekrepe netjies langs mekaar daarop. Klits die koffie en stroop saam tot glad en verf dit oor al die repe. Rooster nou vir sowat 5 minute. Draai die repe om, verf weer met stroop en rooster vir nog 5 minute. Herhaal tot goudbruin en mooi gekaramell­iseer. Die koffie keer dat die stroop te vinnig brand en gee ’n heerlike ryk geur. 3 Verhit ’n elektriese wafelpan, spuit met kleefweren­de kossproei en skep ’n lepel vol beslag in die pan. Maak toe en wag ’n paar minute tot die wafel goudbruin en bros is. Herhaal met al die beslag. 4 Sit die wafels voor met die gekaramell­iseerde spek en ekstra stroop na smaak. Piesangsky­we is ’n opsionele ekstra. >>

As groen groente maar soos spek geruik het, sou ons jare by ons lewens gevoeg het. – Doug Larson, rubriekskr­ywer

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa