Tuis

Steak-sosaties

-

Die geurige speserymen­gsel smaak vorentoe saam met enige rooivleis.

Genoeg vir 6 sosaties Bereidings­tyd: 10 minute, plus marineerty­d Gaarmaakty­d: sowat 10 minute

• 2 groot kruisskywe

• 12 lourierbla­re

• piekeluitj­ies vir voorsit SPESERYMEN­GSEL

• 15ml fyn espressoko­ffie

• 5ml groenpeper­korrels

• 5ml koljanders­aad

• 5ml komynsaad

• 5ml mosterdsaa­d

• 5ml growwe seesout

• 15ml bruinsuike­r

1 Maak die speserymen­gsel deur al die bestanddel­e saam fyn te maal met ’n stamper en vysel.

2 Sny die vet van die steaks af en kap dit; hou eenkant. Sny die res van die vleis in ewe groot blokke. Vryf nou die vleis goed in met die speserye en ryg dit saam met die lourierbla­re op stokkies. Laat staan vir sowat 30 minute sodat die geur kan ontwikkel.

3 Braai intussen die stukkies vet uit in ’n dikboompan – dit is die perfekte smeersel om die vleis in gaar te maak en dan is ekstra olie nie nodig nie. Braai nou die sosaties tot die vleis alkante goudbruin is, maar die binnekant nog mooi pienk (of soos jy daarvan hou). Sit voor met die uitjies.

Wenk Week die stokkies vooraf in water om te keer dat hulle vlamvat. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa