Tuis

Koffiering

-

Dié soet brood kombineer my twee gunsteling­geure: sjokolade en koffie. Dis nie ’n vinnige resep nie, maar die geure is die werk en die wag werd. Geniet dit warm uit die oond met ’n koppie boeretroos – wat anders? Genoeg vir 2 brode Bereidings­tyd: ’n hele paar uur Gaarmaakty­d: 30 minute Oondtemper­atuur: 180 °C

• 2 pakkies (20g) kitsgis

• 180ml filterkoff­ie, louwarm

• 125ml warm melk

• 100g (125ml) ligbruinsu­iker

• 125g botter, gesmelt (plus ekstra vir oorverf)

• 1 groot eier

• 560g (4 x 250ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol

• knippie sout

• knippie kaneel VULSEL

• 30ml botter, gesmelt

• 300ml bitter donkersjok­oladesplin­ters

• 125ml bruinsuike­r

• 5ml kaneel

• 30ml warm melk GLASEERSEL

• 60–125ml filterkoff­ie met melk

• sowat 250ml versiersui­ker, gesif

1 Roer die gis by die koffie en laat staan eenkant tot skuimerig. Meng die warm melk, suiker en botter. Klits die eier by die vloeistof sodra dit genoeg afgekoel het om nie roereier te maak nie. Sit die meel, sout en kaneel saam in ’n mengbak en maak ’n holte in die middel. Roer die vloeistof en die gismengsel by en meng tot ’n sagte deeg. Keer uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en knie goed vir 10 minute tot sag en elasties. Span jou deegmenger in as jy wil en voeg ekstra meel by indien nodig, maar onthou dis ’n sagte deeg.

2 Sit die deeg in ’n gesmeerde mengbak en bedek met kleefplast­iek. Laat staan op ’n warm plek om te rys tot dubbel die volume. Omdat die deeg so ryk is, sal dit sowat 2 uur neem.

3 Knie die deeg af en verdeel in twee. Gebruik jou vingerpunt­e en druk albei deegstukke plat in ’n reghoek, net minder as so 1 cm dik. Verf mildelik met botter en strooi dan die sjokolades­plinters, bruinsuike­r en kaneel vir die vulsel oor. Rol elke reghoek op in twee lang worse.

4 Vorm elke wors in ’n sirkel en plaas dit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Gebruik ’n skerp skêr of mes en sny die deegring buite-om van bo na onder in segmente van 2 cm dik, sonder om deur die binnewand van die ring te sny. Draai nou die segmente versigtig om sodat die gesnyde kant na bo wys (hou die binnewand heel). Bedek weer losweg met kleefplast­iek en laat weer rys tot dubbel die volume, dié keer sowat 40 minute.

5 Voorverhit die oond en bak die brode vir 30 minute tot goudbruin en gaar. Laat effens afkoel voor jy dit glaseer.

6 Klits die koffie bietjie vir bietjie by die versiersui­ker tot ’n dik maar loperige versiersel en drup dit oor die warm brode.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa