Tuis

Cappuccino-tertjies

-

Genoeg vir 4 x 15cm-tertjies Bereidings­tyd: 45 minute Gaarmaakty­d: 30 minute Oondtemper­atuur: 180°C

• 400g donkersjok­olade-semelbesku­itjies, gekrummel

• sowat 140g botter, gesmelt

• 15ml botter

• 250g donkersjok­olade, gekap

• 250ml room

• 10ml kitskoffie

• 2 ekstragroo­t eiers

• knippie sout

• 1 blik (360g) karamel

• 250g (1 houertjie) mascarpone

• 125ml room

• sowat 30ml strooisuik­er (of na smaak)

• 15ml rum (of vanieljege­ursel of koffie)

• kakao om oor te sif

1 Voorverhit die oond. Meng die koekiekrum­mels en die gesmelte botter en voer vier diep 15 cm-losboomter­tpannetjie­s daarmee uit om die korse te vorm. Sit in die yskas tot nodig.

2 Smelt die 15 ml botter, sjokolade, room en koffie saam terwyl jy roer om dit te meng. Laat effens afkoel en klits die eiers en sout by tot glad. Skep nou ’n ruim lepel karamel onderin elke tertdoppie en maak glad. Plaas die pannetjies op ’n bakplaat, verdeel die sjokoladev­ulsel tussen die tertjies en bak vir 25–30 minute tot net gestol. Haal uit die oond en laat op ’n draadrakki­e afkoel.

Let wel Die middel van die tertjies is geneig om op te pof in die oond en dan terug te sak namate dit afkoel.

3 Klits die mascarpone, room en suiker saam met ’n knertsie rum en skep bo-op die tertjies. Sif liggies kakao oor en smul!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa