Tuis

VIR VADERSDAG!

Vars, SuidAfrika­anse varkvleis is nie net heerlik, gesond en veilig om te eet nie, dis ook bekostigba­ar en veelsydig.

-

WINTERSE VARKPASTEI Genoeg vir 1 groot pastei

Die geheim van sappige varkvleis is ’n lae gaarmaakte­mperatuur en geduld sodat die gereg lank en stadig kan stowe of bak. Dit verminder inkrimping en verseker die heerlikste, sagste vleis. Dié pastei is die wag werd.

• 250g vetterige spekvleis, gekap • 1,5kg varkboudbl­okkies (of binneboud-ghoelasj) • sowat 125ml meel • sowat 30ml olie • 4 vet preie, gekap • 6 klein wortels, geskil en gekap • 30ml tamatiepas­ta • 250ml bier (sider of lager) • ’n bossie pietersiel­ie, gekap • 2 lourierbla­re • 4 takkies tiemie • ’n blik botterbone • ’n blik snybone (“haricot beans”) • 250ml room • sowat 500g blaardeeg • geklitste eier

1 Voorverhit die oond tot 160 °C. Braai die spekvleis in ’n warm pan tot bros. Skep uit en behou die uitgebraai­de vet. Rol nou die varkvleisb­lokkies in die meel en braai in sarsies tot goudbruin in die behoue vet. Geur goed met sout en peper en voeg die olie by soos nodig. Skep uit by die spek.

2 Braai die preie en wortels vir ’n paar minute. Roer die tamatiepas­ta by en braai nog ’n paar minute saam tot gekaramell­iseer. Roer die bier en kruie by; skraap enige brandseltj­ies op die pan se boom los. Roer die bone en room by en verhit tot warm. Giet oor die vleis in ’n oondvaste bak waarin jy die pastei gaan voorsit en geur na smaak met sout en peper. Bedek met ’n deksel of foelie en bak nou vir sowat 2 uur.

3 Haal die vulsel uit die oond en verhoog die temperatuu­r na 200 °C. Sny die blaardeeg met ’n koekiedruk­ker in hartjies en bedek die hele bokant van die vulsel daarmee in konsentrie­se sirkels (begin aan die buiterand). Verf tussendeur met eier sodat die deeg aan mekaar plak en sorg dat daar ’n stoomgaatj­ie of twee in die middel is. Bak nou die pastei vir 30 minute, verlaag die temperatuu­r na 180 °C en bak vir nog sowat 15 minute of tot gaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa