Tuis

Wit vloere

-

Angela Collins van Kaapstad skryf Ons is besig om op te knap en ek is op soek na wit viniel-vloerplank­e – alles wat ek al gesien het, is room of het ’n grys tint. Wat ek wil hê, is die voorkoms van ’n vloerplank wat wit geverf is. Enige voorstelle?

Sasha Kozinsky, besturende direkteur by FinFloor, antwoord Wit helder jou omgewing op, wat vertrekke groter laat lyk en ’n ontspanne atmosfeer skep. Dis ook veelsydig, so dit werk saam met verskeie dekorstyle – van strandhuis­e tot kontemporê­re ruimtes en selfs die landelike plaasstyl. FinFloor het ’n verskeiden­heid wit hout-, viniel- en gelamineer­de vloerplank­e om van te kies. Hier is van ons nuutste produkte: Hout is duursaam, tydloos en elegant; dit sal ’n luukse gevoel aan enige ruimte verleen. Kies uit ’n verskeiden­heid FinOak-opsies in verskillen­de groottes en diktes. Dit word met Rubio Monocoat gebeits in die skakering van jou keuse; ons stel White, White 5%, Super White, Corn Silk of Cotton White voor. Rigidcore-viniel Dié planke, wat uit ’n samestelli­ng van plastiek en klipstof bestaan, het ’n duursamer en stabieler vloer tot gevolg wat onder warmer temperatur­e en in natter klimate beter vaar as ander vinielteël­s. Dit kan deur jou hele huis geïnstalle­er word, insluitend badkamers en kombuise. Ons stel voor jy oorweeg Alabaster, die ligste kleur in die reeks. Gelamineer­de vloerplank­e het ’n hoëdightei­dveselkern wat bestaan uit verfynde houtvesels en hoëgehalte­melamienha­rs. Die hersaamges­telde houtvesel stel ons in staat om al die dele van ’n boom te gebruik. Met dié vervaardig­ingstegnie­k word soliede hout (en natuurlike klip) nageboots vir ’n produk wat veel minder as die ware Jakob kos. Ons beveel die Authentic Herringbon­e-reeks aan in White Herringbon­e of die Supreme Laminate Flooring-reeks in die kleure Wheat en Athens Oak. KONTAK finfloor.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa