Tuis

Vra vir JJ

-

Die soet en suur … Carol-Ann le Roux van Kuilsrivie­r skryf My suurlemoen­bome se blare krul. Hoekom gebeur dit en wat kan ek daaromtren­t doen?

JJ antwoord

Dis ’n klein insek genaamd silla wat die blare steek namate dit begin ontwikkel, dan krul die blaar op rondom die eiers wat in die blaar ontwikkel. Spuit met Plantcare – die blare neem dit op en versprei dit deur die plant. Onthou net, jy moet drie weke wag vandat jy gespuit het tot wanneer jy begin pluk en eet. Die blare wat aangetas is, sal nie herstel nie, maar die nuwe blare wat uitkom, sal gesond wees. Indien nodig (en moontlik) kan jy die behandelin­g ná drie weke herhaal.

Red my avo’s!

Leonie Muller van Naboomspru­it skryf Ek het twee geënte avokadobom­e saam met ander vrugtebome in ’n nuwe boord op ons plaas geplant. Aanvanklik het hulle mooi gevat en nuwe blare gemaak. Maar skielik het die blaartjies begin verlep – dit het begin hang, amper asof dit droog is, maar ons het mooi na hulle gekyk. Dit het net eenvoudig aangehou tot die blare afgeval het. Dit lyk asof die stammetjie­s en takkies ook begin uitdroog en doodgaan. Kan dit iets in die grond wees? Ons het groot gate gegrawe en beesmis ingewerk. Ek kan dit nie verstaan nie, want die ander bome groei pragtig?

JJ antwoord Dit kan die beesmis wees wat brand, of wortelvrot. Behandel met koeksoda wat in water opgelos is om die brand te keer, en ook met Mycoguard teen die aanbevole sterkte in water opgelos om van wortelvrot ontslae te raak. >>

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa