Tuis

Jou nagte van skape tel is, wel… getel!

-

Granny Goose, spesialist­e in gehalte-beddegoed, het kragte saamgesnoe­r met die Sportweten­skapinstit­uut van Suid-Afrika (SSISA). Dié stap kombineer Granny Goose se amper dertig jaar ervaring van die skep van weelderige beddegoed en duvets met ’n hoë draadtelli­ng met SSISA se wetenskapl­ike insig as baanbreker­s in slaapweten­skap.

Gaynor Walkey, stigter van Granny Goose, sê: “Slaap is van die uiterste belang vir ons om as mense te funksionee­r, en swak slaapgehal­te oor lang tye kan ’n uitwerking op ons gesondheid hê. “Dit is hoekom ons ’n vennootska­p aangegaan het met SSISA en hul ‘Dream Team’ van slaapweten­skaplikes onder leiding van dr. Dale Rae, senior navorser in chronobiol­ogie en slaapgeson­dheid aan die Universite­it van Kaapstad.” Dr. Rae het ’n paar eenvoudige wenke wat jou slaapgehal­te kan verbeter:

• Vestig ’n roetine deur elke dag op dieselfde tyd te

gaan slaap en wakker te word. • Moenie saans te laat oefen of eet nie, want dit

verhoog jou liggaam se metabolies­e tempo. • Beperk jou kafeïeninn­ame in die laaste deel van die

dag. • Plaas jou foon eenkant en demp die ligte om die vrystellin­g van die slaaphormo­on melatonien te bevorder. • Omskep jou slaapkamer in ’n toevlugsoo­rd. Kies

neutrale kleure en gordyne wat lig uithou. • Stel jouself deur die dag aan natuurlike lig bloot, want dit berei jou liggaam en psige voor om ’n gesonde slaap-wakker-siklus te bevorder.

“Iets so eenvoudig soos om jou huidige slaapbykom­stighede te verbeter – soos ’n gemakliker kussing – sal ’n dieper nagrus tot gevolg hê,” sê Gaynor.

 ??  ??
 ??  ?? Dr Dale Rae Gaynor Walkey
Dr Dale Rae Gaynor Walkey

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa