Tuis

WEN ’n Philips Airfryer van R4 999!

Tien lesers ken elk ’n Philips Avance Twin TurboStar XXL Airfryer van R4 999* losslaan!

- *aanbevole kleinhande­lprys

Dit bly maar moeilik om die versoeking van gebraaide kos te weerstaan, maar dis iets wat ernstige gevolge vir ons gewig en gesondheid kan inhou. Dis nou belangrike­r as ooit om reg te eet – maar dit beteken nie ons moet ons gunsteling­kosse vaarwel roep nie!

Jy kan jouself steeds bederf met die splinternu­we Philips Avance Twin TurboStar XXL Airfryer – danksy gevorderde vetverwyde­ringstegno­logie is dit die kragtigste Airfryer nog, en help dit jou om gesonde smulkos tuis te berei.

Die kombinasie van ’n kragtige verhitter en motor (2 225 W) met nuwe Twin TurboStar-tegnologie laat die warm lug in die Philips Avance Twin TurboStar XXL Airfryer soos ’n tornado deur die braaimandj­ie tol; dit onttrek die vet uit die kos, maar behou al die sappe en geur. Die vet word in die FatReducer onder in die Airfryer opgevang sodat jy dit maklik kan uitgooi!

Die Philips Avance Twin TurboStar XXL Airfryer spog ook met ’n 40% groter weerkaatse­nde oppervlak wat kos egalig laat gaar word, en ’n doeltreffe­nde roosterele­ment wat verseker dat alles mooi bruin braai.

Of jy nou braai, bak of rooster, die eindrestul­taat is liplekker en perfek gaargemaak: bros aan die buitekant en sappig aan die binnekant. Heerlik!

Philips – inspirasie vir lekker, gesonde huiskos. Besoek philips.co.za vir meer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa