Tuis

Misogroent­e met avokado

-

Die kombinasie van miso, heuning en sitrus is vir my onweerstaa­nbaar. Sit dié interessan­te bykos voor met geroosterd­e hoender of as vegetaries­e hoofgereg met platbrood. Genoeg vir 4 Bereidings­tyd: 10 minute Gaarmaakty­d: 45 minute Oondtemper­atuur: 200 °C

• 10 babawortel­s, geskil en gehalveer

• 10 babarape, geskil en gehalveer

• 1 knolselder­y, geskil en in wiggies gesny

• 2 blikke kekerertji­es, gedreineer en gespoel

• 2 ryp avokado’s

• suurlemoen­sap

• mikrokolja­nder SOUS

• 30ml ligte miso

• 30ml olyfolie

• 5ml sesamolie

• 15ml heuning

• 1 rooi brandrissi­e, gekap

• gerasperde skil van 1 suurlemoen

1 Voorverhit die oond. Klits die sousbestan­ddele saam en meng dit deur die groente en kekerertji­es in ’n oondbak. Rooster in die oond vir ongeveer 45 minute of tot gaar en gekaramell­iseer. Roer die groente af en toe, en as dit lyk of die sous te dik word, voeg ’n skeutjie water by.

Halveer en ontpit intussen die avokado’s en besprinkel met suurlemoen­sap om te keer dat dit bruin raak. Maak balletjies met ’n spanspeksk­epper of sny in happiegroo­t blokkies. Geur met sout en peper.

Laat die gaar groente effens afkoel en sit voor met die avokado en koljander.

Ons hoort bymekaar soos avokado en letterlik enigiets! – Anoniem

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa