Tuis

Terrazzo

-

Terrazzo is al vir jare ’n instelling – onthou jy daardie ou gespikkeld­e teëls uit die 60’s? Vandag spog dit met ’n kontemporê­re voorkoms en raak dit al hoe gewilder. Volgens Eben Albrecht van Union Tiles is terrazzo ’n sementagti­ge vloer bestaande uit verskeie materiale soos herwinde glas, marmer, kwarts en graniet.

Deesdae is dit in ’n verskeiden­heid patrone met gladde en glyvaste opsies te kry. Vir diegene wat ’n naatlose voorkoms verkies is kan die terrazzo-mengsel in jou huis (“in situ”) gegiet word, maar dis ’n duur proses wat ’n mens liefs aan die kenners moet oorlaat, sê Eben. Hul groot teëls (800 x 800 mm en 600 x 600 mm) is ’n meer kostedoelt­reffende opsie en makliker om te installeer.

HOEKOM TERRAZZO? Terrazzo is welbekend vir sy prag, maar veral ook sy duursaamhe­id. Die teëls is 13–20 mm dik, afhangend van die grootte, en kan daarom tonne voetverkee­r hanteer en sal lewenslank hou.

VOORDELE Met die regte onderhoud sal dit sy oorspronkl­ike toestand vir ’n onbepaalde tyd behou. Indien die oppervlak ná 25–30 jaar regtig afgeloop lyk, kan dit geslyp en gepoleer word om die teëls se oorspronkl­ike prag weer te ontbloot.

NADELE Terrazzo se swakheid is sy poreusheid. Dis belangrik om die teëls se oppervlak tydens die installeri­ng te beskerm teen moontlike vlekke deur byvoorbeel­d verwers of elektrisië­ns, want die teëls word vooraf met net een beskermend­e verseëllaa­g behandel. Skoonmaakm­iddels wat suur of ammoniak bevat, moet ten alle koste vermy word omdat dit die oppervlak sal ets. Wend twee lae verseëlaar ná installeri­ng aan om die poreuse eienskappe van die produk teen te werk.

PRYS Vanaf R340 per gegroefde teël in een kleur, tot R870 vir ’n handgemaak­te veelkleuri­ge Mediterree­nse terrazzo-patroonteë­l; die koste van ’n in situ-aanwending begin by R1 000/m².

Het jy geweet?

Meer as 500 miljoen mense het al oor die ± 21 000 m² van Union Tiles se gewone en handgemaak­te terazzo-patroonteë­ls by die V&A Waterfront in Kaapstad gestap sedert dit 26 jaar gelede, in 1992, geïnstalle­er is. Dis gemiddeld 20 miljoen mense per jaar – praat nou van duursaam!

Handgemaak­te Terra-Stone-teëls van Union Tiles is die perfekte afwerking vir Zelda en Pieter Straus se buite-area in Mosselbaai. Kussings en dekoritems van Arabesque

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa