Tuis

Ons droomhuis was die wag (en die sukkel) werd!

Al was die pad na hul droomhuis lank, steil en vol kronkels, sê dié paartjie dit was dubbel en dwars die moeite werd!

- Deur Frieda le Roux Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Marian van Wyk

Toe Arno en Geraldene du Plessis ’n leë erf koop in Sunridge Park, Port Elizabeth – minder as 1 km van die huis waar hulle al 36 jaar lank dolgelukki­g gewoon het – was die plan dat hulle binne ’n jaar by hul “droomhuis” intrek.

“Ons vorige huis was nogal ruim, met ’n groot tuin en uitgestrek­te grasperke – en al die kenmerke so eie aan ’n huis uit die tagtigs. Maar met verloop van tyd het ons al hoe meer begin dink aan die voordele van ’n blyplek wat minder onderhoud verg; een wat ons kan geniet en waardeer voor ons later na die aftree-oord hier naby aanbeweeg,” sê Geraldene.

In April 2012 het hulle op een van hul oggendstap­pies afgekom op ’n oorgroeide erf wat besig was om onderverde­el te word. “Ons het gou-gou uitgevind wie die eienaar is en binne ’n paar weke die transaksie beklink,” verduideli­k sy.

Maar die paartjie het gou besef as hulle dié bouprojek wil oorleef, is geduld die wagwoord! Buitendien moes hulle wag dat die nodige dienste aangelê word voor hulle oordrag kon neem – en dít het amper ’n jaar geneem.

In dié tyd het Arno en Geraldene kennis gemaak met die argitek Quinsley Sale van Kiu Architectu­re, ’n gereelde besoeker aan die koffiewink­el waar hulle ook graag kuier. “Ons het hom vertel van ons verwagting­e en begroting, en hom opdrag gegee om met die ontwerp te begin,” verduideli­k Arno. “Toe hy sy eerste poging vir ons wys, was dit ’n absolute treffer. Ons het hom daar en dan gevra om voort te gaan met die detail-werk en ’n geskikte bouer te vind.” ’n Gedeelteli­k oordekte stoep (bo) kyk uit op die voortuin en swembad. Die huis se ontwerp maak voorsienin­g vir sonkragpan­ele – die hele plek sal kort voor lank onafhankli­k van munisipale krag en water wees.

 ??  ?? WIE WOON HIER? Arno en Geraldene du Plessis WAAR Port Elizabeth GROOTTE 350 m²
WIE WOON HIER? Arno en Geraldene du Plessis WAAR Port Elizabeth GROOTTE 350 m²
 ??  ?? Die argitek Quinsley Sale se visie was ’n eenvoudige oopplan-uitleg met goeie proporsie en puik afwerking. “Ek wou ’n ruimte ontwerp wat warm en elegant sou wees, maar steeds ’n industriël­e gevoel het. Dié benadering het ek met die argitektuu­r én die meubels gevolg; die mikpunt was ’n eklektiese dog kontemporê­re huis met ’n ontspanne atmosfeer.”
Die argitek Quinsley Sale se visie was ’n eenvoudige oopplan-uitleg met goeie proporsie en puik afwerking. “Ek wou ’n ruimte ontwerp wat warm en elegant sou wees, maar steeds ’n industriël­e gevoel het. Dié benadering het ek met die argitektuu­r én die meubels gevolg; die mikpunt was ’n eklektiese dog kontemporê­re huis met ’n ontspanne atmosfeer.”
 ??  ?? Geraldene en Arno du Plessis
Geraldene en Arno du Plessis
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa