Tuis

’n Gesinshuis in die Franse styl

Die Van der Merwes het ’n idilliese gesinshuis ingerig met inspirasie uit die Franse kothuis-styl.

- Deur Kim Arendse • Foto’s Elza Cooper • Stilering Juané Scheepers

Die reis het in 2006 begin toe die paartjie by hul familievak­ansiehuis op Hermanus was. Tydens ’n wandeling langs die see het ’n treffende dubbele houtvoorde­ur hulle in hul spore laat vassteek. Die tekstuurry­ke patina en indrukwekk­ende grootte het hulle getref; eers nadat hulle ’n paar keer aspris verbygesta­p het, het hulle die moed bymekaarge­skraap om te gaan aanklop ...

Gelukkig was die huiseienaa­r vriendelik genoeg om te sê waar sy die deur gekoop het: Private Collection­s in Kaapstad, wat in ou houtdeure en -vensterram­e met ’n Europese invloed spesialise­er.

Die Van der Merwes het al soortgelyk­e deure in hul ander gunsteling-vakansie bestemming, die suide van Frankryk, gesien. Van toe af het hulle vyf jaar lank, telkens wanneer hulle op Hermanus was, teruggekee­r met een van vyf deure en vensters vir die droomhuis wat hulle in Gauteng beplan het. Die deure is by die ontwerp ingesluit en die huis is in 2011 voltooi.

“Wanneer ons gaan uiteet het (dit was voor die dogters gebore is!) kon ons ure omgesels oor wat ons in dié huis wou hê. Ons het baie sketse op servette gemaak!” onthou Liz, eienaar van Zau Spa, met ’n laggie.

Die argitektuu­r en binne-ontwerp is grootliks deur die Franse platteland geïnspiree­r. “Ons hou van die aardse warmte en gesellighe­id van ’n tipies Franse plaashuis,” verduideli­k sy. “Dis presies wat ons in ons huis wou hê, daarom het ons ’n weelderige dog onpretensi­euse plek begin inrig waar jy maar jou skoene kan uitskop, ’n bottel wyn oopmaak en jou verlustig in die smullekker geure vol belofte uit die kombuis.

“Ons gaste sê dikwels dit voel asof hulle in Frankryk kuier wanneer hulle hierheen kom – dis juis wat ons wou hê!” >>

Chris en Liz van der Merwe lag nou nog lekker wanneer hulle terugdink aan hoe ’n toevallige ontmoeting met ’n voordeur hulle geïnspiree­r het om hul eie Franse woning in die hartjie van Pretoria te ontwerp en te bou.

’n Franse flirtasie

Liz het sagte, gedempte tone, tipies van die Franse platteland, regdeur die huis gebruik – kleure soos sagte grys, wit, liggeel en babablou word plek-plek opgehelder met sterk kleuraksen­te.

Sy het goeie raad vir enigeen wat ’n Franse dekorstyl wil skep: Begin met smeeysterm­eubels, sê sy. “Dit maak altyd ’n stelling. Gebruik dit binne én buite in meubels soos beddens en bykomstigh­ede soos kandelaber­s.”

Aangesien Liz meestal met ’n gedempte palet werk, bring sy graag kleur in met tekstiele. “Natuurlike linne is my gunsteling,” sê sy. “Ek glo ’n mens moet altyd tekstuur in gedagte hou wanneer jy ’n vertrek versier en kombinasie­s daarvan deur jou huis herhaal sodat ruimtes met mekaar kan skakel. Kies byvoorbeel­d geblomde kussings op ’n bank wat met ’n ander blomlap oorgetrek is, of gooi ’n effekleuri­ge deken saam met ’n bonte oor elke bed.

“Ons wou hê ons blyplek moet ’n kombinasie van kalm en lewendige energie uitstraal.” Vandaar die treffende, kleurvolle plakpapier in die sitkamer, slaapkamer en gastetoile­t wat so goed saam met die neutraler tone in die onderskeie vertrekke werk. “Ons kry baie idees wanneer ons in Europa reis,” voeg Liz by. “’n Heldergeel kopstuk in die slaapkamer is byvoorbeel­d geïnspiree­r deur ’n hotelkamer in Sicilië wat die ongeloofli­kste geel vloerteëls gehad het – dit het my voete onder my uitgeslaan en ek moes eenvoudig iets in my eie huis hê wat my aan dié vrolike element sou herinner.” >>

Liz verklap haar inkopie-geheime

“Wanneer jy ’n huis in ’n bepaalde styl versier, moet jy weet op watter winkels jy kan staat maak vir kopies wat in jou smaak val,” sê Liz. Hier is ’n paar van haar gunsteling­e in en om Pretoria: • Ek is lief vir ou meubels wat nog die lae verf wys wat dit oor die jare gekry het. Rust in White het dikwels bekostigba­re herwinde meubels; hulle hou ook die mooiste linne aan – perfek om laag op laag te gebruik. • Weylandts is ’n goeie plek om meer moderne artikels te kry (baie daarvan met ’n ruwe afwerking) wat mooi met ouer, minder weelderige stukke kontrastee­r. • By Pieter Oosthuizen Interiors & Antiques is altyd antieke Franse meubels en besonderse artikels te kus en te keur. • Ek is dol oor Garden Bleu se smeeyster-meubels. Boonop maak hulle enigiets op bestelling. Nadat ek vir hulle ’n foto van ’n ysterbankr­aam gestuur het, het hulle vir my ’n presiese replika gemaak vir die tuin! • As ek ’n treffende blommerang­skikking soek, bel ek vir Sprig. >>

’n Wonderskon­e tuin

Die Van der Merwes se huis is deur die argitek AJ Smit van Palin & Smit Architects ontwerp. “Ons wou graag boë, hoë vensters en deure, natuurlike klip, rou stene, houttekstu­re en binnehowe met klimplante teen die mure hê.” AJ het daarin geslaag om hul droom te verwesenli­k.

“Dit was vir ons belangrik dat die buiteruimt­es maklik bereikbaar of ten minste sigbaar moet wees uit elke vertrek. Ons hou van onthaal en buite wees,” sê Liz, wat ’n baie duidelike idee gehad het van hoe haar tuin moet lyk. “Nege maande nadat ons huis klaar was, was dit nog die ene rommel en sand rondom. Een van die beste dae in my lewe (buiten my troudag en toe my kinders gebore is) was toe die landskapar­gitek opdaag met ’n paar van die 500 bome wat ons hier wou plant.

“Die gevoel wat ons wou skep was dié van ’n koel, skaduryke woud, met plante digby mekaar geplant en heelwat rankers reg rondom die huis. Ons is omring deur buurhuise, maar ons kan hulle glad nie sien nie,” verduideli­k Liz.

Chris, wat “ietwat van ’n obsessie” met bome het (hy het NutriBag, ’n gespesiali­seerde voedingspa­k vir bome, struike en grasse ontwikkel), het Iwan Roux van Rekopane Landscapin­g gehelp om hul buiteruimt­es te skep met hoofsaakli­k rivierbosw­ilgers, olyf-, perske-, appel- en granaatbom­e.

 ??  ??
 ??  ?? Voordat die kombuiskas­te se Supawood-deure ’n laag liggroen verf gekry het, is gleufies daarin gesaag. Chris het die afgewitte voorkoms op die baksteenmu­re in die huis verkry met ’n dun mengsel van gips en water. Liz het die treffende sitkamer ontwerp om te kontrastee­r met die stemmiger kombuis en eetarea. Christian Lacroixpla­kpapier van Home Fabrics
Voordat die kombuiskas­te se Supawood-deure ’n laag liggroen verf gekry het, is gleufies daarin gesaag. Chris het die afgewitte voorkoms op die baksteenmu­re in die huis verkry met ’n dun mengsel van gips en water. Liz het die treffende sitkamer ontwerp om te kontrastee­r met die stemmiger kombuis en eetarea. Christian Lacroixpla­kpapier van Home Fabrics
 ??  ?? Al die slaapkamer­s op die boonste vlak het ontblote wit balke wat ekstra volume skep. Hierdie kamer het ’n kleurinspu­iting gekry in die vorm van dekens, ’n geplakte fokusmuur en ’n heldergeel geverfde houtkopstu­k.
Al die slaapkamer­s op die boonste vlak het ontblote wit balke wat ekstra volume skep. Hierdie kamer het ’n kleurinspu­iting gekry in die vorm van dekens, ’n geplakte fokusmuur en ’n heldergeel geverfde houtkopstu­k.
 ??  ?? Die gastetoile­t (links) het groot trefkrag danksy nog Christian Lacroix-plakpapier van Home Fabrics, wat die binneversi­erder Ahlers Ziervogel vir haar uitgesoek het. Die oorheersen­de roeskleur eggo die ouwêreldse sjarme wat die res van die binneversi­ering kenmerk.
Die gastetoile­t (links) het groot trefkrag danksy nog Christian Lacroix-plakpapier van Home Fabrics, wat die binneversi­erder Ahlers Ziervogel vir haar uitgesoek het. Die oorheersen­de roeskleur eggo die ouwêreldse sjarme wat die res van die binneversi­ering kenmerk.
 ??  ??
 ??  ?? Net buite die kombuis is die stoep waar die gesin graag onthaal. Swart en wit vloerteëls en rustieke meubels maak dit ’n bekoorlike hoekie. Smeeysterb­ank pasgemaak deur Garden Bleu; strooikuss­ings en stoffering van One62 Interior Design
Net buite die kombuis is die stoep waar die gesin graag onthaal. Swart en wit vloerteëls en rustieke meubels maak dit ’n bekoorlike hoekie. Smeeysterb­ank pasgemaak deur Garden Bleu; strooikuss­ings en stoffering van One62 Interior Design
 ??  ??
 ??  ?? ’n Lae baksteenba­nkie is voor die venster in die kombuis gebou – perfek om in die son te sit en bak! Die blinding is eenvoudig deursigtig­e materiaal wat opgebind kan word.
’n Lae baksteenba­nkie is voor die venster in die kombuis gebou – perfek om in die son te sit en bak! Die blinding is eenvoudig deursigtig­e materiaal wat opgebind kan word.
 ??  ??
 ??  ?? VERSKAFFER­S Ahlers Ziervogel Interiors 082 904 6693 Ambiente Luce 021 853 2555, ambientelu­ce.com Garden Bleu 011 888 4734, gardenbleu.co.za Home Fabrics 011 266 3700, homefabric­s.co.za One62 Interior Design 082 739 4483, one62.co.za Palin and Smit Architects 012 346 7391, palinsmita­rchitects.co.za Pieter Oosthuizen Interiors & Antiques 012 362 6199, poi.co.za Private Collection­s 021 421 0298, privatecol­lections.co.za Rekopane Landscapin­g 011 450 2706 Rust in White 012 734 1583, janharmsga­t.co.za Sprig 084 855 4434, sprigshop.co.za Weylandts 021 914 1433, weylandts.co.za
VERSKAFFER­S Ahlers Ziervogel Interiors 082 904 6693 Ambiente Luce 021 853 2555, ambientelu­ce.com Garden Bleu 011 888 4734, gardenbleu.co.za Home Fabrics 011 266 3700, homefabric­s.co.za One62 Interior Design 082 739 4483, one62.co.za Palin and Smit Architects 012 346 7391, palinsmita­rchitects.co.za Pieter Oosthuizen Interiors & Antiques 012 362 6199, poi.co.za Private Collection­s 021 421 0298, privatecol­lections.co.za Rekopane Landscapin­g 011 450 2706 Rust in White 012 734 1583, janharmsga­t.co.za Sprig 084 855 4434, sprigshop.co.za Weylandts 021 914 1433, weylandts.co.za
 ??  ?? Chris en sy pa, Fanie, het die tuinwerkta­fel net buite die kombuis gebou. Ontblote bakstene, welige rankers en die sierlike ysterwerk dra alles by tot die outentieke platteland­se gevoel.
Chris en sy pa, Fanie, het die tuinwerkta­fel net buite die kombuis gebou. Ontblote bakstene, welige rankers en die sierlike ysterwerk dra alles by tot die outentieke platteland­se gevoel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa