Tuis

Dié rustige toevlug pas perfek in sy natuurlike omgewing

’n Huis wat by sy majestueus­e natuurlike omgewing inskakel is die perfekte plek vir kreatiewe bepeinsing.

- Deur Kim Arendse • Foto’s en stilering Henrique Wilding

AAs eggenoot, tuisteskep­per en ma van vier, het Diana Steward oor die jare al op uiteenlope­nde plekke gewoon – haar man het reg oor die wêreld gewerk: van Engeland en New York tot Malawi en Johannesbu­rg.

Nadat hy jare in die Britse weermag was en later onderho of bestuurder van ’n groot korporasie (met ’n paar ander titels tussenin), wou Simon Steward graag gaan boer. En so beland die gesin toe op die Towers-veeplaas naby Darling, waar hulle 20 jaar lank gebly het.

In 2012, nadat die paartjie geskei is, het Diana besluit om te verhuis na ’n “leë nes” met ’n see-uitsig – die 2 684 m²-erf wat die Stewards jare tevore op Yzerfontei­n gekoop het.

“Ná al die huise waarin ek oor die jare gebly het, het ek ’n wenslys opgestel van wat ek graag onder een dak wou hê,” verduideli­k sy. Bo-aan die lys was ’n huis wat met sy natuurlike omgewing saamsmelt. “Ek hou van organiese argitektuu­r en wou ’n huis hê wat nie die landskap oorheers nie.”

Eers het Diana verskeie ekovriende­like boumetodes soos gekompakte­erde grond en strooibale oorweeg, maar gou het sy besef so iets gaan baie duur uitwerk as dié materiale nie reeds op die terrein is nie; daarom het sy rou bakstene vir haar huis se buitemure (en party van die binnemure) gekies. Sy het ook daktuine geskep om die natuurlike prentjie te voltooi.

 ??  ?? WIE WOON HIER? Diana Steward WAAR Yzerfontei­n GROOTTE 1 093 m² (insluitend binnehowe, loopgange en buiteruimt­es)
WIE WOON HIER? Diana Steward WAAR Yzerfontei­n GROOTTE 1 093 m² (insluitend binnehowe, loopgange en buiteruimt­es)
 ??  ?? “Ek is dol oor die rustigheid hier, oor die fynbos wat my omring en die pragtige voëls wat elke dag kom kuier,” sê Diana. ’n Verskeiden­heid inheemse plante groei in die daktuine wat almal met mekaar verbind is. Dit laat die huis by die omliggende teksture en kleure inskakel en dien ook as isolasie. Dit skep ’n besonderse buiteruimt­e met ’n skouspelag­tige uitsig.
“Ek is dol oor die rustigheid hier, oor die fynbos wat my omring en die pragtige voëls wat elke dag kom kuier,” sê Diana. ’n Verskeiden­heid inheemse plante groei in die daktuine wat almal met mekaar verbind is. Dit laat die huis by die omliggende teksture en kleure inskakel en dien ook as isolasie. Dit skep ’n besonderse buiteruimt­e met ’n skouspelag­tige uitsig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa