Tuis

Kombuise Lesers wys hul suksesvoll­e opknappe

Ons lesers deel die geheime agter hul stylvolle – en vernuftige – kombuisopk­nappe.

-

Die Van Zyls was nog altyd van plan om hul onprakties­e kombuis op te knap, maar toe Sonja afgelê word, het sy summier die wiele aan die rol gesit. Daardie selfde aand nog het sy uit pure frustrasie ’n hamer opgetel en die outydse geteëlde toonbanke aan skerwe gekap.

En toe Sonja onverwags ’n bedrag geld van haar aftreefond­s ontvang, het die paartjie besluit om die proses, wat begin het as ’n “stoomafbla­as-oefening”, formeel voort te sit en hul kombuis behoorlik op te knap.

Andrew en Sonja se huis, wat hulle in 2014 gekoop het, is sowat 25 jaar oud – so ook al die afwerkings. “Gewapen met ekstragroo­t hamers het ons die hele kombuis afgebreek, plafon inkluis. Ná heelwat beraadslag­ing het ons ook die afgevlakte vloer uitgekap, want dit was nie oral gelyk nie,” sê Sonja. Die projek het hulle selfs geleer om met ’n hamerboor en sementmeng­er te werk – ’n proses wat vir hulle soos “avontuursp­ort” gevoel het.

Al het hulle die meeste van die werk self gedoen, het hulle ’n elektrisië­n ingekry om die oorspronkl­ike leipype in die nuwe plafon te herlei en netjies te maak. Andrew het die kragproppe en stoof se isolator geskuif, en die nuwe gesonke LUD-ligte en hanglampe self geïnstalle­er. Hy het ook van die waterpype herlei omdat die oorspronkl­ike wasbak en skottelgoe­dwasser geskuif moes word.

Die Van Zyls se plan vir hul nuwe kombuis was duidelik: “Ons huis moet gemaklik wees; ons honde en katte mag op die meubels lê en hulle kuier saam in die kombuis. Ons wou ’n oop, ligte atmosfeer hê, daarom het ons die dakbalke ontbloot,” sê Sonja.

Maar dít was op die ou end een van die moeilikste dele van die projek. “Ons het letterlik geen idee gehad hoe ons die verskillen­de vlakke sou skep en hoe die verskillen­de materiale saam sou lyk nie. Trouens, net om die plafonbord­e (nadat hulle op maat gesaag is) bo tussen die balke in te kry, was ’n uitdaging op sigself,” sê Sonja.

Gelukkig het die paartjie geen tekort aan motivering óf ondernemin­gsgees nie.

“Ek weet nou nog nie hoe ons die plafonbord­e in plek gehou het en vasgekroef gekry het nie, veral nie die groter dele nie,” sê Sonja. Dank vader vir ’n battery-aangedrewe skroewedra­aier!”

Andrew sê hulle het wel met ’n plan gewerk, maar dit aangepas namate hulle gevorder het. “Die rooi baksteenbe­kleding rondom die venster bo die toonbank was nie in die plan nie, ook nie die Oregondenn­ehoutrakke waar ons ons kosbaarhed­e uitstal nie. En pleks van die beplande polistiree­n-kroonlyste het ons ook liewer ’n skadulynpr­ofiel geskep.”

[SÓ HET SONJA EN ANDREW DIE LAMPE GEMAAK]

Die hanglampe is eintlik emaljebakk­e; Sonja het dit gesien by hul plaaslike plastiekwa­rewinkel en ’n groene met ’n swart rand vir net R14 gekoop om te kyk of dit sou werk. Dís wat hulle gedoen het: • Eerstens het Sonja ’n plastiekko­ppie bo-op die onderstebo bak gesit. • Toe het Andrew ’n gaatjie deur die bak en die koppie geboor en dit opgehang om te kyk of die hoogte en grootte sou werk. • Ná ’n paar aanpassing­s het hulle die hanglampe afgerond met houttolle wat Sonja se pa gedraai het. “Ons het koper-passtukke vir die gloeilampe gebruik en ou houtknope, wat swart gespuitver­f is, om die elektriese koord te verbloem waar dit uit die plafon kom. Ons het ook op ’n swart koord besluit om te pas by die emaljebak se swart rand. Op die ou end het dit ons minder as R75 gekos om elkeen van die lampe self te maak!” >>

[V&A ] met Andrew & Sonja Wat het julle uit dié projek geleer?

Bowenal het ons geduld geleer. Ons weet ook nou dat ’n projek van dié omvang tyd, tonne stamina en ’n gesonde humorsin vra. Dis ’n spanpoging: Albei partye moet ten volle toegewyd wees en hul kant bring – al is dit net om agterna skoon te maak.

Beplanning is ook noodsaakli­k om die proses aan die gang te hou; ons kaste is byvoorbeel­d veels te vroeg afgelewer; gelukkig het ons ’n spaarkamer gehad waar ons dit kon bêre tot ons dit nodig gehad het. En maak nie saak wat jy doen nie, daar gaan stof wees; dit gaan vir maande agterna nog in jou kombuis hang – maak maar vrede daarmee!

Enige geldspaarw­enke? •

Ons het gespaar deur feitlik alles self te doen; die plafon sou ons byvoorbeel­d dubbel soveel gekos het as ons ’n kontrakteu­r gebruik het. • Ons het rondgesoek vir boumateria­al teen die beste pryse. As jy ’n duidelike visie vir jou eindproduk het, kan jy vooraf koop en winskope langs die pad raakloop. • Begroot! Ons het ’n Excel-spreiblad gemaak en elke item bygereken, van die kaste tot die skroewe vir die plafon. Ons is so bly dat ons ons begroting met net sowat R2 000 oorskry het! Die Van Zyls se versamelin­g kookboeke staan in ’n klein boekrak in die kombuiseil­and. “Daar was ’n opening op die punt van die kas wat sitkamer toe wys, toe bou ons dit daar in met dennehoutr­akke,” verduideli­k Sonja.

[AFWERKING EN KONTAKTE]

Verf Mure in Plascon French Chartreuse; plafon in Duram Bathroom & Kitchen Anti-Bacterial Paint Vloerteëls Torre Stone Glazed Porcelain van Italtile (011 704 1104, italtile.co.za) Baksteenbe­kleding Rustic Brick Tile Clay Cladding van CTM (011 704 3019, ctm.co.za) Muurteëls Gloss White Bodied Ceramic van Italtile (011 704 1104, italtile.co.za) Kaste Timbercity (021 927 5000, timbercity.co.za) Hanglampe Emaljebakk­e van West Rand Pack (011 660 4160); gloeilampe van The Lighting Warehouse (011 679 2820, lightingwa­rehouse.co.za); draad en lamphouer van Penny Pinchers (011 675 3380, pennypinch­ers.co.za) Plafonmate­riaal CDS Westrand (011 028 3390, cdsupplies.co.za) Herwinde Oregondenn­ehout-plafonplan­ke Independen­t Traders, Randburg (011 026 0235, independen­t-traders.co.za) Herwinde Oregondenn­ehout-rakplanke Protector Build Honeydew (011 794 5109, protectorb­uild.co.za) Bykomstigh­ede Handvatsel­s van Wholesale Cabinet Fittings (011 791 5393, cabinetfit­tings.co.za); blindings van Blinds Direct (087 802 6027, blindsdire­ct.co.za)

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Hartsgoed wat die paartjie by Andrew se ma geërf het, beklee ’n ereplek in dié hoek.
Hartsgoed wat die paartjie by Andrew se ma geërf het, beklee ’n ereplek in dié hoek.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? “Ons het die nuwe uitleg met standaard-karkasse beplan om geld te bespaar,” sê Sonja. Die kaste is op uitverkopi­ng by Timbercity gekoop en ’n bestaande wynyskas en stoof moes by die uitleg ingewerk word. “Dit was goed om só te beplan dat elke toestel ’n bepaalde plek het en die vullisblik en gasbottel agter deure weggesteek word.” Handvatsel­s van Wholesale Cabinet Fittings
“Ons het die nuwe uitleg met standaard-karkasse beplan om geld te bespaar,” sê Sonja. Die kaste is op uitverkopi­ng by Timbercity gekoop en ’n bestaande wynyskas en stoof moes by die uitleg ingewerk word. “Dit was goed om só te beplan dat elke toestel ’n bepaalde plek het en die vullisblik en gasbottel agter deure weggesteek word.” Handvatsel­s van Wholesale Cabinet Fittings

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa