Tuis

Bome vir elke tuin

Maak nie saak hoe groot jou tuin is nie, ’n boom is altyd ’n aanwins op jou werf. Ons tuinkenner­s kies hul gunsteling­e.

-

Bome verskaf lieflike skaduwee en groenighei­d en kan maklik ’n treffende fokuspunt vorm. Boonop is hulle goed vir die omgewing! Het jy geweet ’n volwasse boom neem genoeg koolstof op en stel genoeg suurstof vry om twee mense aan die lewe te hou?

Maar bome het ’n lang leeftyd. Daarom is dit belangrik om die regte een vir die regte plek te kies as jy wil verhoed dat die volgende geslag probleme optel. Volgens Pietman Diener, tuinboukun­dige van Stellenbos­ch, is grootte nie so ’n eenvoudige saak nie. “’n Boom wat in een tuin tot mediumgroo­t sal groei, kan in ’n ander tuin weer redelik groot word,” verduideli­k hy. “Dit hang alles af van die klimaat, elemente soos die wind, die grondsoort en hoeveel water dit kry.”

Verder is dit belangrik om te onthou dat ’n kleiner boom minder met ander plante sal wedywer om water, grond, lug en lig, en ook minder probleme ten opsigte van mure en pype sal veroorsaak.

As jy wil hê jou boompie moet ’n groot boom word, moet jy hom die ruimte daarvoor gee.

Sommige groot bome het pragtige vorms en werk goed as fokuspunte, terwyl ander weer na aan mekaar geplant kan word om ’n skerm teen die son, wind of geboue te skep, is Pietman se raad. “Jy kan wel ’n boom wat groot gaan word in ’n klein tuin plant; met die nodige snoeiwerk sal dit nie met ander plante meeding nie.” >>

 ??  ?? Deur Beatrice Moore-Nöthnagel Foto’s Deryck van Steenderen, Kosie Jansen van Rensburg, Francois Oberholste­r en Alice Notten van Kirstenbos­ch Nasionale Botaniese Tuin
Deur Beatrice Moore-Nöthnagel Foto’s Deryck van Steenderen, Kosie Jansen van Rensburg, Francois Oberholste­r en Alice Notten van Kirstenbos­ch Nasionale Botaniese Tuin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa