Tuis

WEN Milestone Kitchensee­nhede ter waarde van R50 000!

Een gelukkige leser kan R50000 se Milestone Kitchens-eenhede losslaan!

-

Ons Kitchen Heroes-kompetisie, geborg deur Milestone Kitchens, was verlede jaar so ’n reusesukse­s dat ons besluit het om dit weer te doen! So as jy nog droom van ’n stylvolle opknap vir jou kombuis, kan Milestone Kitchens jou help om dit te verwesenli­k met die kaste van jou keuse.

Mense gebruik hul kombuise deesdae nie net vir kosmaak en eet nie, maar ook vir kuier, onthaal en selfs huiswerk doen. Om die ontwerp en uitleg van die ruimte perfek te kry is dus ’n baie persoonlik­e proses, en die eindproduk moet vir die hele gesin werk.

Dalk het die kombuis van jou drome ’n massiewe eiland in die middel. Miskien wou jy nog altyd ’n laboratori­umwasbak gehad het. Of wat van ’n elegante koskas in die styl en kleur van jou keuse?

Stuur vir ons jou storie en vertel ons hoekom jy ’n opknap nodig het. As jou inskrywing gekies word, sal Silvia Miles, die eienaar van Milestone Kitchens, jou help om jou ideale kombuis te ontwerp met items uit hul indrukwekk­ende reeks.

SKRYF SO IN

• Gaan na milestonek­itchens.co.za en kies uit hul produkreek­s jou gunsteling­eenheid waarrondom jy jou kombuis sal ontwerp. Maak ’n nota van die eenheid se naam en die styl wat jy verkies. • Neem nou ’n foto van jou eie kombuis en vertel ons, in hoogstens 150 woorde, hoekom jy wil opknap. Onthou om die naam en styl van jou gunsteling-eenheid (hetsy ’n koskas, eiland, wasbakkas – wat ook al) in te sluit. • Stuur jou inskrywing per e-pos na

kompetisie@tuis.co.za. Die prys sluit aflewering uit; sien ons kompetisie­reëls op bladsy 129. SLUITINGSD­ATUM 31 Augustus 2018

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa