Tuis

Ougoed of hougoed?

-

Die kis se storie

Carol Pittendrig­h van Johannesbu­rg skryf Ek het dié kis onlangs by ’n vriend se huis afgeneem. Dit het voorheen behoort aan sy ouma wat in die vroeë 1900’s in Indonesië gewoon het. Met die eerste blik lyk dit na natuurlike hout, maar toe die son daarop skyn, kon ek sien dit blink asof dit geverf is; op die foto lyk dit ook of die kis met goue verf versier is. Ek het al ’n paar sulke kamferhout-kiste gesien, maar nooit met dié verftegnie­k nie. Kan julle my enigiets hieroor vertel?

Johan Joubert van Stephan Welz & Co. antwoord Sulke kiste (soms verkeerdel­ik “teekiste” genoem) is veeldoelig­e bêrekiste wat vir die Westerse uitvoermar­k vervaardig is en daarom versier is in ’n styl wat die Westerse siening van ’n eksotiese Oosterse styl uitbeeld, met figure in tradisione­le landskap- en argitekton­iese tonele. Tradisione­le kiste vir die Chinese mark is nie versier nie, maar het soms fyn kerfwerk van Chinese simbole soos drake, fenikse of lotusblomm­e gehad.

Kiste soos dié is dikwels uit kamferhout gekerf omdat dit insekweren­de eienskappe het en dus perfek is om klere en tekstielwa­re in te bêre. Hoewel kamferhout ’n goue skynsel kan hê, is dié kis waarskynli­k met goue verf bedek omdat dit in die eienaar se smaak geval het. Geweldig baie van dié kiste is in die eerste helfte van die 20ste eeu in China vervaardig. OUDERDOM 20ste eeu WAARDE R3 000–R5 000

Vakmanskap

Elsabe Betteswort­h van Ceres skryf Hierdie erfstuk is ’n kosbare item in ons familie en dateer volgens oorlewerin­g uit laat 1800’s of vroeg 1900’s. Het julle dalk inligting hieroor? Sophie-Louise Fröhlich van Stephan

Welz & Co. antwoord Dis ’n buffetkas in die Arts & Crafts-styl. Die Arts & Crafts-beweging was gewild van omtrent 1880 tot 1920; dit het in Brittanje begin, eers na Europa en NoordAmeri­ka en later tot in die Ooste oorgespoel. Middeleeus­e ontwerpe is dikwels geïnkorpor­eer en die klem het op tradisione­le vakmanskap en antiindust­rialisme geval. OUDERDOM Laat 19de – vroeë 20ste eeu WAARDE ± R4 000 op ’n veiling KONTAK ct@stephanwel­zandco.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa