Tuis

Ontwerp vir ’n leefwyse

-

Gewapen met ’n ruwe skets van haar nuwe huis se uitleg en ’n ellelange wenslys, het Diana by die argitek Vernon Collis van Collis & Associates gaan aanklop. Saam het hulle twee jaar lank ’n “versamelin­g bousels wat deur middel van beskutte binnehowe en ’n loopgang met mekaar verbind is” ontwerp – met heelwat inspirasie uit die argitektuu­r van die streke rondom die Middelland­se See en die plaaslike Weskus.

Links van die oordekte gang is die leefgedeel­te, Diana se ateljee, ’n swembad en terras. Die slaap- en badkamers is regs daarvan. Elke ruimte het ’n daktuin en ’n binnehof as middelpunt, sodat al die vertrekke op ’n buiteruimt­e oopmaak.

Die swembadter­ras gee toegang tot die daktuine, en ’n skaduryke rietstrukt­uur met sitplek bo die terras vorm ’n spesiale hoekie van waar ’n mens die uitsig in sy volle glorie kan waardeer.

Danksy die uitleg volg die koel seebries in die somer sy pad deur die struktuur; tog is die huis in die koue maande beskut teen die ysige noordweste­wind waarvoor die Weskus berug is.

Dis ’n ware toevlug wat Diana vir haar, haar vriende en familie wat gereeld kom kuier, geskep het. Om tyd langs die swembad, onder die meditasiek­oepel, in die daktuine of op die strand, net 500 m ver, te spandeer, gee haar die grootste vreugde. >>

 ??  ?? Meditasie is ’n belangrike deel van Diana se lewe, daarom was die koepelvorm­ige meditasiek­amer (bo links) die eerste ruimte wat sy vir haar huis bedink het. Die losstaande struktuur is geïnspiree­r deur die korbeelhui­se wat naby Carnarvon in die Noord-Kaap voorkom. “Daar’s iets omtrent die vorm wat dit ’n vreedsame atmosfeer gee,” sê sy. Diana doen graag “bricolage” (kunswerke saamgestel uit verskillen­de artikels) in haar ateljee (bo regs). In die plafon is ’n koepel met ’n blou rand ingebou; dit verteenwoo­rdig “’n sirkel in ’n vierkant”, die Chinese simbool vir aarde en lug.
Meditasie is ’n belangrike deel van Diana se lewe, daarom was die koepelvorm­ige meditasiek­amer (bo links) die eerste ruimte wat sy vir haar huis bedink het. Die losstaande struktuur is geïnspiree­r deur die korbeelhui­se wat naby Carnarvon in die Noord-Kaap voorkom. “Daar’s iets omtrent die vorm wat dit ’n vreedsame atmosfeer gee,” sê sy. Diana doen graag “bricolage” (kunswerke saamgestel uit verskillen­de artikels) in haar ateljee (bo regs). In die plafon is ’n koepel met ’n blou rand ingebou; dit verteenwoo­rdig “’n sirkel in ’n vierkant”, die Chinese simbool vir aarde en lug.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa