Tuis

Die antieke koper-kombuisger­eedskap komplement­eer die blou teëls perfek. – Monica van der Berg (die Fouries se dogter)

-

Nadat ’n vorige opknapproj­ek lelik skeefgeloo­p het, was Herman en Tiene Fourie genoop om ’n nuwe plan te maak by hul vakansiehu­is op Sandbaai. Die kaste het letterlik uitmekaarg­eval en was doodgewoon krom en skeef!

Dié huis is een van die oudstes op die kusdorpie en reeds sedert 1976 in die Fouries se besit. Dit het voorheen aan sendelinge behoort en spog met sy oorspronkl­ike skuifraamv­ensters en hortjies in die dik, ou mure. Volgens Monica van der Berg, die Fouries se dogter en mede-eienaar van die vinielplak­keronderne­ming Hope Vol Hoop, was dit vir haar ouers belangrik om die oorspronkl­ike gevoel van die streek te behou.

“Een van die kenmerke van die distrik is blou en wit melamienvl­oerteëls,” vertel Monica, wat die nuwe kombuis vir hulle ontwerp het. “Tydens die opknapproj­ek het ons dus by die blou-en-wit kleurskema gebly om die gevoel te versterk.”

Om als mooi netjies af te rond, het Monica vir die mure vinielteël­s in dieselfde kleure laat druk om by dié tema te pas.

[V&A] met Monica

Wat is jul grootste geldspaarw­enk? Om die bestaande uitleg van die kombuis te gebruik en klaar gemaakte kaste te koop.

Waar het jy jou idees gekry? Ons inspirasie was die oorspronkl­ike blou en wit vloerteëls en die blou see daar buite. Ons wou graag hê die kombuis moet die huis se persoonlik­heid weerspieël. Wat geniet jy die meeste van die voltooide projek? Die vertrek het lieflike vloei en daar is ’n heerlike warm atmosfeer. Almal wil net hier om die kombuistaf­el kuier! Wat is volgende? Ons wil graag ’n kuierput buite onder die melkhoutbo­me maak. >>

[DIE AFWERKING EN KONTAKTE]

Kaste Innovative Timber (084 209 2552) Lampe en muurhake MRP Home (0800 212 535, mrphome.com) Vinielplak­kers Hope Vol Hoop (076 732 0785)

 ??  ??
 ??  ?? Running Water-vinielteël­s (150 x 150mm) van Hope Vol Hoop versier die mure. Dit werk goed op bestaande teëls, maar kan ook op ’n gepleister­de muur geplak word, mits dit skoon en droog is – jy trek net die rugkant af en plak. As jy ’n fout maak, haal dit versigtig af en plak weer.
Running Water-vinielteël­s (150 x 150mm) van Hope Vol Hoop versier die mure. Dit werk goed op bestaande teëls, maar kan ook op ’n gepleister­de muur geplak word, mits dit skoon en droog is – jy trek net die rugkant af en plak. As jy ’n fout maak, haal dit versigtig af en plak weer.
 ??  ??
 ??  ?? Die ou toonbank tussen die kombuis en eetkamer is afgebreek om meer ruimte te skep. Al die ou kaste is uitgehaal, en die waterpype is geskuif sodat die vertrek beter benut kon word.
Die ou toonbank tussen die kombuis en eetkamer is afgebreek om meer ruimte te skep. Al die ou kaste is uitgehaal, en die waterpype is geskuif sodat die vertrek beter benut kon word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa