Tuis

’N NUWE KOMBUIS, MET TJHOKO PAINT!

Moeg vir jou ou kombuisteë­ls en afgeleefde melamienka­ste? Met Tjhoko Paint ruk jy dit sommer gou-gou reg.

-

1 Verf jou teëls...

Vee die teëls skoon met ’n lap gedoop in verfverdun­ner, en laat dit goed droog word – wag minstens 20 minute. Maskeer alle dele wat jy nie wil verf nie. Wend nou die verf in die basiskleur aan met ’n 160 mm-sponsrolle­r. Maak seker die verf is egalig versprei en wag weer 20 minute voor jy ’n tweede laag aanwend.

Kies ’n stensil met ’n geskikte ontwerp; wend dan die aksentkleu­r(e) oor die stensil aan met ’n skoon sponsrolle­r. Jou roller moet taamlik droog wees – dit sal keer dat verf onder die stensil inloop. Wenk Plak die stensil vas met maskeerban­d, maar nie op pas geverfde teëls nie; van die vars verf kan afkom wanneer jy die maskeerban­d aftrek.

Wag sowat 4 uur nadat jy geverf het voor jy die oppervlak seël met Clear Glaze (verdun 100 ml Clear Glaze met 30 ml water). Wend aan met ’n skoon, kleurlose klam lap. Vee egalig oor die geverfde teëls – dit maak die oppervlak waterbesta­nd en maklik om skoon te vee met ’n klam lap. Wenk Moet nooit ammoniakpr­odukte gebruik om geverfde oppervlakk­e skoon te maak nie.

2 ... en dan jou melamienka­ste

• Volg die eerste drie stappe hierbo. • Verf nou die sierstukke wat jy wil aanbring in dieselfde kleur; laat goed droog word en plak dit dan in posisie vas met ’n sterk gom soos Alcolin Super Glue.

Wag dat die gom droog word en wend ’n aksentkleu­r op klein areas rondom die sierstuk aan met ’n kunstenaar­skwas. Neem ’n klam lap en maak sirkelbewe­gings oor die geverfde areas om die verf met die agtergrond te skakeer. So vorm die sierstuk ’n eenheid met sy basis.

Wag weer sowat 4 uur nadat jy geverf het voor jy die kasoppervl­akke met Clear Glaze seël (verdun soos bo).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa