Tuis

In die modekol

-

Anya Liebenberg van Plettenber­gbaai

skryf Ek beplan om my kombuis op te knap en sou hou van ’n moderne voorkoms. Is daar kaste en laaie met ’n toedruk-aksie sodat handvatsel­s nie die voorkoms belemmer nie?

Elwyn Sykes, nasionale verkoopbes­tuurder by The Eclipse Group,

antwoord Ons stel voor jy kies kaste met groot of breë voorkante en skoon lyne – in die kol vir ’n moderne voorkoms.

Gebruik laaie waar moontlik, want dit benut jou beskikbare ruimte ten volle en skep praktiese pakplek. Blum het laaistelse­ls soos die Legrabox of

Tandembox antaro – die laaie het metaal-sykante, en die lopers is uit die oog onder die laai versteek.

Met Blum se innoverend­e bewegingst­egnologie, Tip-On, ’n meganiese oopskuifst­elsel, en Blumotion, ’n besonderse dempstelse­l, kan jy die laai ooptrek met ’n enkele aanraking sodat dit stil en sagkens oopskuif. Die toedruk-aksie is ewe moeiteloos.

Met ons Aventos-stelsel sal jy ook minder kasdeure nodig hê, wat perfek is vir jou doelwit van ’n minimalist­iese styl. Met dié stelsel maak die kasdeur boontoe oop en sal dit in enige posisie bly sodat jy albei hande vry kan hê.

Blum-produkte kom met ’n waarborg vir die leeftyd van die meubels, wat jou gemoedsrus sal gee.

KONTAK eclipsegro­up.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa