Tuis

My kombuis se kroon

-

Joanne Gouws van Riebeek-Wes skryf

Ek het my kombuis en eetkamer oorgedoen en wil ook die ou, onooglike kroonlyste vervang om die prentjie te voltooi. Is dit iets wat ek self kan doen, of het ek profession­ele hulp nodig?

Cobus Lourens van Swartland antwoord Nuwe kroonlyste kan ’n groot verskil aan jou huis se binneruimt­es maak. In die verlede moes jy kroonlyste deur kenners laat installeer, maar met die liggewig-kroonlyste van polistiree­n wat Swartland vervaardig, is dit ’n vinnige en maklike taak – jy meet, saag en plak net.

Jy sal die volgende nodig hê:

• kroonlyste in die styl van jou keuse • akriel-kleefmidde­l vir kroonlyste • spons of skoon lap • kalfaatpis­tool • verstekbak • kryt of potlood • stopverfme­s • ’n baie fyn saag • ekstrafyn skuurpapie­r • leer

Meet eerstens die mure om te bepaal watter lengte jou kroonlyste gesaag moet word. Ons s’n kom in standaardl­engtes van 2 m. Voeg 10% tot 15% by die totale lengte om voorsienin­g te maak vir afval wanneer dit by saag kom. Skuif al jou meubels uit die pad en bedek dit met ou lakens om dit te beskerm. Maak seker die mure en plafon is skoon en heeltemal droog voor jy begin.

1 Neem ’n afvalstukk­ie kroonlys en merk waar dit die muur en die plafon ontmoet. Gebruik dan ’n waterpas of laser-waterpas en trek ’n reguit lyn teen die muur. As jou plafon of muur nie perfek reguit is nie, trek die lyn so na moontlik aan die bokant van die muur. Jy kan dan die kroonlys op die reguit lyn installeer en enige gapings teen die plafon met kleefmidde­l vul.

2 Saag al die nodige lengtes en saag die hoeke met behulp van die verstekbak. Gebruik die kalfaatpis­tool en spuit een lang streep kleefmidde­l aan die bo- en onderrand van die lys, asook op die ente waar lyste bymekaarko­m. Posisionee­r die lys waar die muur en plafon ontmoet en hou vas tot die gom droog is. Vir langer stukke sal jy dalk hulp nodig hê om die lys vas te hou, maar as jy alleen werk, kan jy maskeerban­d gebruik om elke lys in posisie te plak.

3 Vee enige oortollige kleefmidde­l van die rande of lasse af met ’n klam spons of lap. Noudat al die lyste vasgeplak is, sal jy kan sien of daar enige gapings is. Spuit kleefmidde­l in die gapings en vee enige oorskiet met jou vinger of ’n stopverfme­s af. As die afwerking grof lyk wanneer dit droog is, kan jy dit liggies skuur.

4 Wag tot die kleefmidde­l heeltemal droog is voor jy verf. Jy kan akrielverf of oplosmidde­lvrye emaljeverf met ’n waterbasis gebruik.

KONTAK swartland.co.za >>

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa