Tuis

Plant soos ’n kenner

-

Dis dalk ou nuus, maar dit bly waar: Moenie jou R200-boom in ’n R2-gat plant nie. Wouter Kruidenier gee raad:

Grootte van die gat

’n Gemiddelde 20 kg-boom moet in ’n 1 m²-gat geplant word – vierkantig en nie rond nie, sodat die wortels kan uitsprei en nie in die rondte groei nie.

Voorbereid­ing

Wanneer jy die gat grawe, hou die goeie bogrond eenkant. Gooi enige klei- (rooierig) of sandgrond (ligbruin) wat jy raakgrawe weg; vul die gat liewer met ’n mengsel van komposryke gekoopte bogrond en jou eie goeie bogrond. Moenie kompos op sy eie gebruik nie, want dit kan die wortels brand. Meng beenmeel en stadig vrystellen­de kunsmis by vir nog beter resultate.

Plant

Plant die boom net so diep as wat dit in die sak was; vul indien nodig die gat weer op tot die sak gelyk met die grondopper­vlak staan wanneer jy dit in die gat laat sak. Trap die grond effens vas sodat die boom nie te veel sak as die grond kompakteer nie. Indien die wortelbal bo uitsteek, plant die boom effens dieper sodat die wortels onder die grond is om uitdroging te verhoed.

Tyd van die jaar

Dit hang van die klimaat af, maar in die meeste gevalle is die lente die beste tyd om bome te plant. In die Wes-Kaap is dit goed om in die winter te plant sodat die boom se wortelstel­sel genoeg water kry en gevestig kan raak voor die groeiseiso­en begin. Teen die kus moet jy liefs nie plant voordat die winter verby is nie, omdat die winterwind­e te koud vir ’n jong boom is. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa