Tuis

Met ’n skilder se oog

-

Plante van verskillen­de kleure, teksture en vorms kan in die tuin ingespan word net soos ’n skilder met verf op ’n skilderdoe­k te werk gaan deur kleure te kombineer en te meng om verskillen­de buie te skep.

’n Lewendige bui Rooi is ’n stimuleren­de kleur wat na jou toe uitspring; dis perfek om die aandag op ’n ingang te vestig, vir ’n trap of vir ’n fokuspunt. Rooi kan óf ’n dinamiese, opwindende kleur óf warm en aanloklik wees. ’n Vrolike bui Geel is ’n gelukkige kleur; dit straal sonskyn uit en bring lig en lewenskrag by ’n tuin in. Maak dit die hoofkleur in ’n kleurskema of gee dit ’n sekondêre rol in ’n beddingran­d; anker ’n pastel kleurskema daarmee of span dit in as aksentkleu­r. Geel helder ook donker plekke op. ’n Sagmoedige bui Wasige blou en mauve is onmisbaar in ’n kunstenaar se palet en waardevoll­e kleure in die tuin. Dit het ’n kalmerende en vreedsame effek, en verskaf skaduwees en diepte. Deurweef deur ander kleure is dit kalmerend en help dit visuele samehorigh­eid skep. ’n Kalm bui Groen is ’n rustige, koel, kalmerende kleur. Talle struike en varings in verskillen­de vorms en teksture spog in wisselende skakerings van groen. Wanneer donkerder skakerings met ligteres gekombinee­r word, skep dit patrone van lig en skadu. ’n Ontspanne bui Nie net is pastel skakerings sag op die oog nie, dis rustig en sal ’n lieflike prentjie skep by die ingang van jou huis. Dit verleen ’n ontspanne, opgeruimde atmosfeer aan ’n tuin. ’n Gesellige bui Oranje is die ekstrovert van die blommewêre­ld, ’n feestelike kleur vol energie en opwinding. Teen volle sterkte tref dit die oog en is dit warm en verwelkome­nd naby buite-kuierareas. Perske, nartjie en vermiljoen – almal skakerings van oranje – is opwindende moontlikhe­de vir buitedeure, -mure, -hekke en -meubels. >>

 ??  ?? Agapant
Agapant
 ??  ?? Dicksonia antarctica
Dicksonia antarctica
 ??  ?? Valsjasmyn
Valsjasmyn
 ??  ?? Kannabas
Kannabas
 ??  ?? Pentas
Pentas
 ??  ?? Kanferfoel­ie
Kanferfoel­ie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa