Tuis

Dié maand ...

-

• Wat is nou ’n meer gepaste herdenking van Nasionale Vrouedag as om ’n pragtige inheemse boom soos die vanwykshou­t (Bolusanthu­s speciosus) te plant? Met sy effens hangende takke en trosse mauve blomme in die lente is dit ’n huldeblyk aan die krag en skoonheid van alle Suid-Afrikaanse vroue. • Snoei fuchsias aan die einde van Augustus of wanneer die rypgevaar verby is. ’n Praktiese reël is om met twee derdes terug te snoei en dooie stele, asook dié wat swak vaar of binnetoe groei, af te sny. • Baie meerjarige­s sal nou nuwe groei dra. Snoei ou blomstele en dooie blare terug sodat water en lig die kroon kan bereik. Werk kompos en ’n hand vol 3:1:5 by die grond in en maak goed nat. • Sodra die grond warm genoeg is, kan jy jaarplante soos die beddingdah­lia, Gomphrena, afrikaner, kappertjie, portulak, salie en jakobregop saai vir ’n helder vertoning in die somer. • Aan die einde van die maand kan jy somerblomm­ende bolle en knolplante soos aronskelke, dahlias, pynappelbl­omme, Galtonia, swaardleli­es, tierblom (Tigridia) en soetamalin­g (Polianthes tuberosa) in die grond sit. • Gebruik ’n harde besem of tuinhark en verwyder droë gras in die grasperk. Vul enige holtes met ’n kommersiël­e grasperk-bolaag en dien ’n grasperkmi­sstof toe. Maak dadelik agterna goed nat om te keer dat die korrels tussen grashalms gaan sit.

 ??  ?? Vanwykshou­t (Bolusanthu­s speciosus)
Vanwykshou­t (Bolusanthu­s speciosus)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa