Tuis

Ludwig se rooshoekie

Ludwig Taschner gee raad oor hoe om blaaspootj­ie hok te slaan.

-

V: Verlede jaar het heelparty van die nuwe lote op my ‘Graaff-Reinet’-rose klein, opgekrulde blare gedra. Die enkele blomme wat wel oopgemaak het, was ook misvorm. Ek het gespuit, maar niks lyk of dit werk nie. Is die oorsaak ’n insek of ’n virus?

Jou roos is aangetas deur die blaaspootj­ie, wat landwyd ’n ernstige probleem geword het. Die piepklein larwes kruip onder die blare weg waar dit moeilik is om hulle te bereik wanneer jy gewoonweg spuit. Die doeltreffe­ndste oplossing is om Koinor, ’n langdurige grond-deurweekmi­ddel, toe te dien. Augustus is die beste tyd om dit te doen en dit behoort sowat ses maande te werk voor jy die behandelin­g hoef te herhaal. Volg die doseer-aanwysings op die pamflet.

V: Ek het ’n groot ‘Artista Panarosa’struikroos wat net aan die punte van die stele blom. Ek het dit nog nie gesnoei nie, want ek weet nie wat om daarmee te doen nie. Watter raad het jy vir my?

Dié variëteit reageer goed op ’n snoei of goeie wegsny en blom agterna mooi. As alternatie­f kan jy probeer om die roos te “buig”; dit sal ’n fokuspunt van die roos maak en aanmoedig om al langs die steel te blom. Só maak jy: Kap penne in die grond reg rondom die struik en maak die punt van elke lang loot aan ’n pen vas. Die lote sal dan meer horisontaa­l groei pleks van boontoe; dit sal al die ogies langs die steel aktiveer, wat dan in nuwe blomlote sal ontwikkel.

 ??  ?? ‘Graaff-Reinet’
‘Graaff-Reinet’
 ??  ?? ‘Artista Panarosa’
‘Artista Panarosa’
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa