Tuis

Tuisgemaak­te pasta

-

Dis uiters terapeutie­s om jou eie pastadeeg te knie, uit te rol en, natuurlik, te eet! Die hoeveelhed­e in ons resep is vir 1 porsie – pas dit aan volgens die getal eters om jou tafel. Sit mooi musiek aan, skink ’n glas wyn en begin rol ...

• 100g meel • ’n knippie sout • 1 ekstragroo­t eier PLUS • ekstra meel vir die uitrol • ’n sprinkel vars kruie (opsioneel)

1 Sif die meel en sout in ’n groot mengbak of direk op jou werkblad en maak ’n holte in die middel. Klits die eiers saam en giet dit in die holte. Gebruik nou ’n vurk en meng geleidelik totdat die mengsel te dik raak om verder met ’n vurk te werk; span van nou af jou hande in.

2 Vorm die deeg in ’n bal en knie tot ’n sagte, hanteerbar­e deeg vorm. Probeer om nie onnodig meel by te meng nie; gebruik jou oordeel. Bedek die deeg sommer met ’n omgekeerde mengbak op die oppervlak en laat rus vir minstens 15 minute (tot 3 uur lank).

3 ’n Pastamasji­en is nuttig om die deeg verder te knie en verseker dat elke pastalint dieselfde dikte het – en daarom dieselfde gaarmaakty­d gaan hê. Maak jou pastamasji­en stewig staan op ’n skoon oppervlak in die kombuis. Verdeel die deeg in hanteerbar­e hoeveelhed­e en vorm elke porsie rofweg met jou hand in ’n plat reghoek.

4 Voer nou elke porsie eers deur die grootste verstellin­g van jou masjien. Menings verskil, maar dis die moeite werd om elke stukkie deeg weer in drie te vou en weer deur die grootste verstellin­g te voer. Sommige kokke herhaal dit meer as een keer. Gebruik ekstra meel spaarsaam – net genoeg om te keer dat die deeg aan die rollers vassit.

5 Voer nou elke stukkie deeg deur die tweede grootste verstellin­g, dan die derde en doe so voort tot by die tweede laaste verstellin­g. Laat die velle pasta op ’n droë vadoek lê en bedek dit met ’n tweede droë vadoek vir sowat 5–10 minute voor jy sny.

WENKE] • As jy jou pasta op dieselfde dag gaan kook, vorm die pasta in ’n nessie met baie meel om te keer dat die linte aanmekaarp­lak en al jou harde werk tot niet maak. As jy dit wil droog vir later, hang die linte oor ’n rakkie en bêre in ’n lugdigte houer. • Vir ’n mooi en geurige kruiekinke­l, volg die stappe soos hierbo tot die velle dun gerol is. Stof enige ekstra meel af en strooi ’n paar kruieblaar­tjies oor elke vel, vou dubbel en herhaal die rolproses. • Vir pappardell­e (heerlik saam met die beessterts­ous hieronder), sny die effens gedroogde pasta met ’n skerp mes in 1,5 tot 2,5 cm breë linte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa