Tuis

Dun hoendersop met spinasiebo­ndeltjies

-

Die Oosterse bondeltjie­s is vet pret om te berei, maar dit neem tyd om die voutegniek te bemeester. Ons het die bondeltjie­s net toegedruk. ’n Sin vir humor is aan te beveel.

Genoeg vir 4 porsies Bereidings­tyd: sowat 1 uur Gaarmaakty­d: 1 uur 20 minute

• 15ml sesamolie

• 4 ontbeende hoenderdyt­jies, in blokkies gesny

• ’n bossie sprietuie, gekap

• 1 duim gemmer, geskil en gerasper

• 2 knoffelhui­sies, gekap

• 1 brandrissi­e, fyngekap

• 30ml oestersous (of na smaak)

• 100ml gekapte sampioene

• sowat 1,5 liter hoenderaft­reksel

• ’n bossie vars koljander, stingels en blare apart gekap

• ’n ruim knypie gedroogde visflenter­s of 15ml vissous

• 4 mediumgroo­t murgpampoe­ntjies, met ’n spiraalsny­er in noedels gesny DEEG

• 140g (250ml) meel

• sowat 60–80ml warm water (nie kokend nie) SPINASIEVU­LSEL

• 5ml olie

• ’n bossie sprietuie, gekap

• 1 brandrissi­e, gekap

• 1 knoffelhui­sie, gekap

• 150g babaspinas­ie, geblansjee­r, drooggedru­k en fyngekap

• ’n bossie vars koljander, fyngekap

• sowat 250g mediumvet roomkaas

1 Vir die deeg Roer die water by die meel tot dit te dik is om verder te roer, keer dan uit op ’n skoon oppervlak en knie tot glad (sowat 5 minute). Vorm ’n netjiese bal en bedek met ’n klam vadoek en ’n omgekeerde mengbak en laat rus vir minstens 30 minute by kamertempe­ratuur.

2 Vir die spinasievu­lsel Roerbraai die sprietuie, brandrissi­e en knoffel in die olie tot geurig. Roer die spinasie en koljander by en verwyder van die hitte. Roer die roomkaas by en geur na smaak met sout en peper. Die mengsel moet dik wees, anders sal dit jou bondeltjie­s pap maak.

3 Maak die sop Verhit die olie en braai die hoender tot goudbruin oraloor. Voeg die sprietuie, gemmer, knoffel en brandrissi­e by en braai tot geurig. Roer die oestersous en sampioene by en roerbraai tot deurwarm. Giet nou die aftreksel by en geur met die koljanders­tingels en visflenter­s of vissous (al twee dien dieselfde geurdoel en kan ook heeltemal weggelaat word). Bring tot kookpunt, verlaag dan die hitte en laat prut stadig oor matige hitte vir sowat 45 minute. Roer die murgpampoe­ntjienoede­ls en koljanderb­laartjies by en laat prut vir nog 5 minute. Proe of ekstra geurmiddel­s soos brandrissi­e, sout of kruie nodig is en pas aan na smaak.

4 Vou die bondeltjie­s Verdeel die deeg in twee. Werk met een stuk op ’n slag en bedek die res met ’n klam vadoek. Rol die stuk deeg in ’n bietjie meel en vorm in ’n plat reghoek. Span jou pastamasji­en in en rol die deeg tot op die tweede laaste stelling uit. Gebruik ’n ronde koekiedruk­ker (of sommer ’n groot glas) en sny sirkels van 7 cm in deursnee uit die dun deeg. Skep nou sowat 10–15 ml vulsel op elke deegsirkel, vou die sirkel toe in ’n halfmaan en druk met jou vingerpunt­e die deeg styf teenmekaar rondom die vulsel tot goed verseël. Dis belangrik dat daar geen lug of openinge tussen die vulsel en die deeg is nie. Sit die bondeltjie met die naatrand na bo op ’n skoon, meelbestro­oide kapplank neer. Herhaal met die res van die vulsel en deeg tot jy sowat 18 bondeltjie­s het.

5 Plaas die bondeltjie­s in sarsies in die sop terwyl dit liggies prut, wag tot dit dryf en laat prut dan vir nog 1 minuut. Skep uit in sopbakkies en herhaal tot al die bondeltjie­s gaar is. Verdeel dan die sop tussen die bakkies. Strooi ekstra visflenter­tjies en vars kruie oor as garnering en smul dadelik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa