Tuis

Bief-en-gortsop

-

My skoonpa, wyle Malcolm “Moose” Neilson, kon gortsop kook vir ’n weermag. Dit was altyd dik, geurig en o, so vertrooste­nd. Die hele familie moes kom saameet en daar was altyd genoeg vir saamneem huis toe; dis eintlik nog beter die volgende dag.

Genoeg vir ’n baie groot pot vol Bereidings­tyd: 35 minute Gaarmaakty­d: sommer ’n hele dag

• 1kg beesbene met vleis aan

• 45ml srirachaso­us of tamatiepas­ta

• 3 knoffelhui­sies • 1 ui, in kwarte gesny

• 2 lourierbla­re

• 15ml olyfolie

• 250g (½ pakkie) droë splitertji­es

• 250g (½ pakkie) droë sopmengsel

• 2 groot wortels, geskil en gekap

• 2 witwortels, geskil en gekap

• 1 bossie sopseldery, blare en al gekap

• 1 bossie platblaarp­ietersieli­e, gekap

• 1 bossie rape, geskil en gekap

• 4 groot preie, gekap

• sowat 4 liter beesvleisa­ftreksel

• bros spek vir voorsit

1 Die eerste stap is opsioneel, maar ek is mal oor die geur wat dit verskaf. Meng die bene, srirachaso­us, knoffel, ui, lourierbla­re en olie en rooster dit in ’n oondpan onder ’n voorverhit­te roosterele­ment tot goed bruin.

2 Skep die inhoud van die oondpan in ’n groot pot en voeg die res van die bestanddel­e, behalwe die spek, by. Bring tot kookpunt en draai die hitte af tot die pot net liggies borrel. Laat prut nou stadig vir ’n paar uur tot dik en geurig. Skep deurgaans enige skuim af wat op die oppervlak verskyn. Geur na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper. Sit voor met die stukkies bros spek. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa